Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Book your restaurants well in advance or you will not get a table easily, especially in December. Most restaurants are closed over Christmas and New Year."
"Jare al mal oor die Weskus - dit is 'n pragtige omgewing, St. Helenabaai is seker nie almal se keuse nie, maar dit is een van my guntelinge."
"Lambertsbaai is 'n tipiese Weskusdorpie. Dit bied nie veel vir tieners nie, maar wel goeie opsies vir restaurante. Lekker eet en lekker rus."
"Langebaan het aangename verrassings met die nuwe ontwikkeling. Heerlike strand en ideaal vir watersport. Troeteldiervriendelik en heerlike restaurante. Naby genoeg aan Kaapstad om 'n dag se kuier in te werk of 'n naweek weg te breek."
"Paternoster is asemrowend, 'n ongelooflike mooi plek en baie rustig. Voorstrand Restaurant is puik en die wasgoeddiens is uitstekend. Ons is beslis weer daar."
"Daar is so baie te sien en te doen daar dat drie dae nog te min sal wees."
"Port Owen is 'n vakansie dorp vir rustige mense, heerlik stap, fietsry en op die river canoe en as jy 'n boot het kan jy heerlik rond ry op die rivier en vandaar af visvang. Jy voel altyd veilig in Port Owen."
"Pragtige natuur en dit is rustig met nie baie mense nie. Ongelukkig is daar nie 'n lang strand om op te stap nie, maar 'n mens kan wel op paadjies tussen die pragtige Weskus-plantegroei stap. "
"Pragtige plek en lekker vir wegbreek as jy nie te kommersieel wil gaan nie, maar tog na die basiese geriewe verlang."
"Geweldig beïndruk met Velddrif. Velddrif is ongerep, die mense sout-van-die-aarde, lieflike mense. Nie kommersieel soos omringende dorpies nie. Bokkomlaan met die stofstraat regs langs die vlei bekorend met o.a. die interessante winkel, Ek en Djy Vissery asook Flamingo Trading Post waar ons heerlike vars engelvis oor die kole gebraai en geniet het asook die gashere Mark en Petra. Ek het onmiddellik begin uitkyk vir eiendom."
"Die area is pragtig, maar tensy daar 'n plek is waar 'n mens kan kla oor bure wat ontydig lawaai, sal ek nie weer in die area tuisgaan nie."
"Britannia Bay is an unspoiled spot with a beautiful beach, away from the buzz of the city where you can relax and recharge your batteries."
"Paternoster is such a beautiful town, the residents are so friendly. We loved the town and it's a perfect place to unwind and relax with your family. "