Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Pragtige plekkie, ideal vir klein kindertjies om te swem in die lagoon. Heerlike eetplekke. "
"Dit het asemrowende mooi strande wat nie gepak is met mense nie. Veilige see vir kinders. Ontmoet vriendelike interesante mense, net die plek om van stads gejaag af te ontsnap en te ontspan. Nog "ou" wêreldse skoonheid. Baie mooi plekke om te sien en dinge te doen."
"Klein dorpie as jy van rustigheid hou. Enigste winkel op die dorp is die Spar wat baie besig is met baie lang rye gedurende Desember. "
"'n Mens sal net verwag dat restaurante gedurende die feesseisoen later as 21:00 sal oop bly! "
"Langebaan is great for a short holiday. All the ocean activities are depended on the weather. It's a holiday destination but there were a few fast food places that closed early which was a not so good, as there are not that many eating places. "
"Wat Port Owen so lekker maak is dat dit nie deur honderde dagbesoekers bestorm word soos ander plekkies in die Weskus nie."
"Velddrif het pragtige strande en al die klein, versteekte eet- en kuierplekkies gee die dorpie baie karakter."
"Baie stil en mooi strand wat ons kan aanbeveel. Nie baie besighede nie, maar vir ons is dit voldoende."
"Baie still en netjiese dorp. Die strand is pragtig en skoon. Het die lekkerste in dié see geswem."
"Paternoster het ongelooflike oulike eetplekke. Wees net bewus daarvan dat 'n mens oor spitstye moet bespreek. Ons beveel veral Voorstrand en Noisy Oyster aan. Onthou net dat die wind baie waai, so 'n mens gaan nie soontoe vir die weer nie."
"Die hele St Helenabaai is pragtig. Ek sal nie omgee om daar te bly nie – dit is rustig en skoon."
"Baie netjiese dorp en daar is 'n mens weg van die alledaagse gejaag van 'n groot dorp."