Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"When the roadworks are finished, we will recommend Langebaan Town and its friendly people to anyone!"
"Vir iemand wat stilte wil ervaar, is dit die perfekte plek, maar as jy aksie en 'n bedrywige tydjie wil beleef is St Helena miskien nie vir jou nie. Hier kan jy net afskakel en ontslae raak van stres!"
"Dis 'n pragtige dorpie met baie vriendelike mense. Ek sal definitief weer teruggaan soontoe en dan vir langer as 'n naweek."
"Paternoster is 'n Weskusdorpie wat mens nie moet mis nie. Daar is heerlike restaurante, pragtige gastehuise en 'n strand wat wyd strek. Die winkeltjies is oulik en verkoop sonderlinge ware wat mens nie oral sal kry nie. Die vars vis en kreef wat mens direk van die bote af kan koop en wat proe soos see, is 'n definitiewe trekpleister. Alhoewel die wind kan waai, is Paternoster 'n plekkie wat ek oor en oor en oor sal besoek."
"A beautiful and special seaside small town for couple getaways and with lovely beaches! We will definitely come again!"
"Mooiste plek. 'n Stukkie hemel op aarde wat mooi weggesteek is. Rondom Yzerontein is daar baie ander strande om te sien. Melkbos, Blouberg en Langebaan is net 30 minute weg (Langebaan het 'n mall). Dis 'n lekker klein dorpie met die vriendlikste mense wat altyd regstaan om te help. Van die viswinkel tot die nethied van die Spar is alles die moeite werd en sal ek enige iemand aanraai om 'n draai te maak. Die strand is mooi skoon en die son sak reg voor jou. Sal beslis weer kom kuier!"
"Bly asseblief so ongerep! Moenie meer kommersialiseer nie! Dit lyk nog soos die Weskus behoort te lyk!"
"Goed om deur te ry en rustig, maar die tyd van die jaar is daar nie veel te doen nie. Klawer-wynkelder was 'n goeie besoek. Die dametjie het 'n baie goeie wynproe aangebied."
"Daar is nie veel te doen behalwe loop, eet, rus en swem nie, maar die eetplekkies is lekker, klein winkeltjies is oulik en die mense is vriendelik. 'n Heerlike vakansiedorp met breë strate en groot ou huise. Jammerte is dat daar soveel leë besigheidspersele in die dorp is. Miskien is dit 'n geoeie geleentheid vir 'n entrepreneur!"
"'n Besoek aan Voel-eiland word sterk aanbeveel. Die malgas broei-kolonie is iets besonders."
"Baie mooi en skoon. Veilig om daar te bly. Dit is die moeite werd om Paternoster te besoek. Vir die natuurlustige persoon is daar baie om te sien: voëls, robbe, insekte, klein wild."
"Dis 'n lekker stil dog groot vakansiedorpie. Alhoewel daar nog nie baie besighede is nie, is dit aanvaarbaar."
"Die mense is so vriendelik, veral die apteekassistente en die mense in die besighede! Voorwaar `n pragtige vakansiebestemming."
"Doringbasi is rustig, vreedsaam en vriendelik. Fryers Cove het die beste vis van Kaap tot Kairo."
"Vredendal is pragtig hierdie tyd van die jaar wanneer die wingerde so groen is."
"Pragtige omgewing, maar hulle is tans besig met padwerke in die dorp en dit was 'n nagmerrie om vanaf Langebaan weer op die Kaapstad-pad te kom. "
"Dis strand is puik, maar die ingange na die strandgebied is vuil en tans besoedel."
"Besoek Lambertsbaai gerus tydens buiteseisoen. Dit is stil en perfek om weg te kom van 'n gejaagde lewe van die stad. Daar is baie om te sien en doen, meeste besienswaardighede is binne 60 kilometer. Die restaurant se eienaars is vriendelik en bedien die lekkerste seekos. Johan by Weskus Restaurant het ons baie welkom laat voel en Tersius by Muisbosskerm was 'n wonderlike gasheer. Maak jouself gereed vir lekker kuier met goeie kos en wyn."
"'n Pragtige, rustige plek vir ontspanning en vakansie! Yzerfontein is besonder netjies en inwoners is baie behulpsaam. Verseker 'n besoek werd! "