Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Jacobsbaai het baie gegroei die afgelope 20 jaar, en bly een van die mees private kusdorpies in die omgewing. Ek sien dit bou steeds dat dit klap en groei sterk."
"'n Dorpie weg van die alledaagse werk- en woonplek. Die uitleg en die huise van Jacobsbaai maak dit 'n besonderse bestemming. Hoop dit bly so sonder winkels en verkeer."
"Lambertsbaai is 'n stunning kusdorpie met soveel mooi dinge en lekker mense. Definitief die moeite werd om dit te besoek!"
"Baie mooi area. Rustig en fantasties vir ons as natuurliefhebbers. Lekker om te gaan stap langs die kus."
"Baie geniet. Mooi en rustig. Die werk aan die paaie is egter 'n frustrasie. Die borde wys nie baie mooi die alternatiewe roete aan nie. As jy nie die omgewing ken nie, gaan jy sukkel om by jou bestemming uit te kom. GPS help nie veel as die paaie toe is nie. Sal wonderlik wees as die padaanwysings beter is. Die plek is egter pragtig. Boesmanland plaaskombuis is 'n moet vir besoekers. "
"Heerlike, rustige dorpie. Die strand is erg vol skulpe wat dit moeilik maak om daar te loop."
"Dis 'n lekker dorpie en die landskap is baie mooi. Weens die dwelmmisbruik daar, voel ek egter nie so veilig wanneer ek in die dorp en op die strand loop nie."
"The restaurants and food in Paternoster was awesome, special comment must go to Gaaitjie Restaurant where everything was superb."
"Ons was daar vir 'n visvang-kompetisie, so het nie baie tyd gehad om rond te kyk nie, maar sal teruggaan vir 'n naweek om meer van die plek te sien, veral in die somer."
"Calypso Beach is werklik asemrowend mooi en baie rustig met restaurante stap afstand van Lodges (Sal nie omgee om daar eiendom te besit nie)."
"We thoroughly enjoyed our brief stay in Langebaan. There were road works which led to a great deal of confusion but once complete the good roads will enhance the area. The scenery and of course the flowers are magnificent and Langebaan is nice and central. Good dining available and everything a traveller could wish for."
"Goeie ligging om besoek te kan bring aan soveel ander omliggende dorpies."
"Ons was ongelukkig daar terwyl daar aan die strate gewerk is, maar na voltooiing van die padwerke sal Langebaan nog beter wees as voorheen."
"Die hele omgewing is mooi en bied baie aan en sommige advertensies gebruik die naam Mykonos, maar is nie gedeelte van die klub nie. Ek glo hulle is almal goeie waarde vir geld, maar persoonlik dink ek om 'n plek binne Club Mykonos self te bespreek maak die ervaring net ekstra spesiaal."
"Daar is baie min om te doen in Britannia Baai, maar as jy 'n boot het, is dit net die plek om te gaan."