Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Die Weskus Nasionale Park en mooi strande is beslis die aantrekkingskrag. As mens ordentlike oornag geriewe kry kan dit 'n goeie toeristebestemming wees. "
"Wonderlike plek, net die aandenkingwinkels is peperduur. Hulle is net vir die oorsese mark en ons kon nie vir almal iets saambring om te geniet nie! Ek self is in die aandenking bedryf en maak self goed en die pryse was buitensporig duur!"
"Baie naby aan al die plekke wat ons graag wou sien, nie so duur soos omliggende dorpe se verblyf nie."
"Yzerfontein is pragtig geleë met die mooiste strande en see. Die wilde diere soos volstruise, klein bokkies en skilpaaie loop rustig in die woonbuurt rond. Die plek is netjies en het beslis 'n indruk op ons gemaak."
"Dit is vir my 'n lekker sentrale plek vanwaar mens 'n groot omgewing maklik kan besigtig. "
"Dit is 'n pragtige Weskusdorpie, sal seker altyd wees. Dit raak net amper te besig daar, maar dit bly 'n pragtige dorp en die omgewing is beeldskoon."
"Yzerfontein was nog altyd my droom maar wow, dit het so uitgebrei en daar was slegs 1 restaurant waar ons die aand kon eet."
"Hier sou ek graag langer wou bly. Lambertsbaai verlaag beslis jou stresvlakke, haha!"
"Dit is 'n besondere mooi vissersdorpie en die huisie is opreg iets besonders. Die strate en omgewing is skoon en netjies. Die mooi stilte en rustigheid wat ek verwag het was ongelukkig baie teleurstellend as gevolg van die jongmense wat dronk op ons "voorstoep" baie raserig was."
"I visited a few restaurants and the reception was wonderful. The one with the doggy bar stood out."
"Lambertsbaai 'n geskiedkundige juweel. Met behulp van die pamflette wat Theunette gereed het vir gaste kan jy waarlik teruggevoer word na die makliker tye. Daar is 'n museum met artikels van donkiejare terug en die mense in die gemeenskap is so vriendelik. Ons het oral gestap waar ons wil wees. En met al die lekker eetplekke het jy waarlik die loop nodig. As jy meer in natuur wil wees kan jy 'n rustige stappie op die hawe neem na Bird Island en voor die son sak kan jy uitkyk op duisende voëls wat oor die see sweef. Die kuier werd."
"Die nabyheid van die Weskuspark addisionele ingang was die een rede hoekom ek Langebaan gekies het, maar tydens ons kort verblyf was die restaurante ook voortreflik."