Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Beslis 'n goeie toeristebestemming, want dit is 'n goeie plek om uit te ry vir besoeke aan verskeie gebiede, want daar is baie mooi besienswaardighede."
"Baie mooi gebied. Weskus is die onbekende juweel. Baie veilige omgewing en 'n lekker vakansiebestemming."
"Perfek as jy stilte en natuurskoon soek. Die kersie op die koek was dat ons net betyds was vir die blomseisoen en ons het die mooiste foto's geneem!"
"Paternoster het ons harte gesteel. Maak reeds planne om in die nabye toekoms daar te gaan nes skop."
"It has great potential but shouldn't become too over-developed. The place will lose its tranquility."
"Altyd lekker. Almal moet ten minste een keer in Lambertsbaai oorbly. Maak beslis 'n draai by Isabellas in die hawe vir heerlike seekos."
"Mooi dorp. Die wingerde is asemrowend en die kanaal is 'n ingeneurswonderwerk. Vriendelike mense. Die wynproelokale in die omgewing is 'n lekker bate."
"Village blossoming into a town. Flowers were stunning around 25 Aug."
"Ons eerste besoek aan die dorpie. Pragtige klein dorpie nie ver van Vredendal en ander groter plekke nie. Naby Strandfontein waar ons geëet het langs die see."
"Ideaal geleë om 'n groot gebied rustig te ondersoek - vanaf Clanwilliam en Doringbaai tot by Van Rhynsdorp en Nieuwoudtville."
"Goed vir blomme kyk, want dis naby Kaapstad (80km?), naby Weskus Nasionale Park met Postberg wat die beste blomme het en naby Tinie Versveld blommekamp. Ook naby Weskus Fossielpark. Yzerfontein het net een ingang met kameras, so misdaad behoort min te wees. Eetplek bo Spar verskaf goeie etes. Pamflette van omgewing is beskikbaar by inligtingskantoor by kruising van hoofpad en pad na Yzerfontein. Pragtige branders."
"As 'n mens 'n rustige en stil plek soek met gawe inwoners, is Doringbaai die plek. Dis maklik om verder te reis, veral om blomme te kyk, en weer teen die aand terug te kom. Heerlike kos by plaaslike restaurant gekry en ook uitstekende restaurant op Strandfontein slegs 'n klipgooi verder."
"Mooi wêreld en sal dit graag weer besoek vir 'n langer tydperk."
"Rustigheid vanself. Ongerepte natuurskoon. Nog nie deur kommersiële ontwikkeling geskend nie. Hoop dit sal nog vir jare so wees."
"Vredenburg is n groot dorp wat 12 km vanaf Jacobsbaai geleë is. Daar is 'n groot mall met al wat 'n winkel en eetplek is. Jacobsbaai self het egter net 1 eetplek en 'n klein plaaswinkel. Die internet-ontvangs is baie gebrekkig, maar vir mense wat wil wegbreek van alles is Jacobsbaai ideaal. Dit is ook prentjiemooi met pragtige wit huisies en veldblomme. Ander plekke soos Paternoster en Tietiesbaai is lekker naby om te besoek. Jacobsbaai moet gesien word! "