Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Baie mooi, skoon en netjies. Die restourante is van baie hoë gehalte en die kos was uitstekend by almal van hulle."
"Die rus en vrede, die ongereptheid en natuur is onbeskryflik. En daar is baie te doen in die omgewing as mens wil bedrywig of aktief wees. "
"Die restaurante soos Oep Ve Koep en Die Gaatjie is 'n groot belewenis en dit het die besoek die moeite werd gemaak."
"Oulike plekkie. Aanbevelings oor restaurante sal welkom wees. En dalk 'n plek waar mens rugby as gesin kan kyk."
"Muisbosskerm is 'n moet vir enige iemand wat daar deur beweeg, lekke weskus dorpie!"
"Paternoster het ook seker die beste seekos in die land. Pragtige plek en 'n moet om te besoek!"
"Dis bitter mooi. Ek was ongelukkig net daar vir 'n troue, so het nie veel tyd gehad nie, maar sal graag wil teruggaan."
"Oulike winkeltjie by Jacobsbaai se ingang. Die huise en tuine in Jacobsbaai is oor die algemeen baie netjies en goed versorg."
"Dis werklik 'n Weskus-juweel! Die plek is lieflik, rustig en die natuurskoon is ongelooflik. "
"Voorstrand Restaurant has well prepared and well presented food and big portions, good value for money!"
"Pragtige plek, rustig, sonder lawaai en aan te beveel vir mense wat uit die stadsgedruis wil wegkom."
"Go to the small market. It is worth the visit, even if it is only to chat to the locals or pick up a few locally produced items. Friendly town. "
"Ons het hoofsaaklik gegaan om te gaan kreef duik en dit was baie suksesvol. Dis nie 'n baie lewendige dorp nie, maar ons nietemin lekker daar gekuier. Ons het egter gesukkel met die tolpad tussen Lambertsbaai en Elandsbaai. Ons het met die tolpad gery vanaf Lambertsbaai terug Elandsbaai toe, maar toe ons Elandsbaai aankom is ons teruggestuur om met die groot pad te ry."
"As jy die vriendelikheid van die mense op die Weskus wil ervaar, sal ek enige tyd weer Dwarskersbos besoek. "
"Quaint, yet interesting, little town. A visit to the Museum is a MUST! This place is soaked in history, very, very interesting - you will walk away with a sense of awe!"
"The boat trip from the Port Owen harbour was absolutely stunning. The hosts were charming and funny and a boat full of knowledge of the area, bird life and even the locals. A definite recommendation to anyone holidaying on the West Coast."
"Nie baie om te sien in Lambertsbaai self nie, maar met baie plekke in die omgewing om te besoek maak dit 'n geskikte vakansieplek."