Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Ons is mal oor Yzerfontein. Dit is 'n stukkie paradys net 'n uur vanaf Kaapstad. Dit is nog nie gekommersialiseer met baie winkels en restaurante nie. 'n Plek om net te rus en te ontspan! "
"Baie mooi rustige plekkie. Geen smouse of boemelaars wat mens pla nie. Kindervriendelike baai. Sal definitief weer daar gaan bly."
"Ek was jare terug op Yzerfontein en dit het baie verander. Die strande is skoon en die dorp voel heel veilig."
"Dis my tweede besoek aan die dorp en dis duidelik dat die blyplekke aan die seekant vervalle voorkom en dit minder aantreklik maak."
"Heerlike en vriendelike kusdorp. Wees wel bedag om nie waardevolle items in die motor te los of sigbaar in 'n wooneenheid."
"Dit is 'n oulike plek, maar sal volgende keer nader aan die see wil wees."
"It was however quite cool in the evening, but otherwise, enough shops available and more than one could think to see in and around Langebaan."
"Pragtige deel van Langebaan. Mooi en veilige strand. Veilig om daar te stap, selfs in die aand."
"Geniet alles! Gaan Tietiesbaai toe, eet by Voorstrand en Spoon Square ... alles ongelooflik! Besoek Darling en Riebeek-Kasteel. Paternoster bied sielsrus."
"Jacobsbaai is lieflik stil en klein, geleë tussen Saldanha en Paternoster, minus al die toeriste. Dit is die perfekte wegspringplek vir 'n Weskusvakansie: Darling is naby vir 'n daguitstappie, middag- of aandete is lekker in Paternoster, en strandbaljaar in Langebaan. Na 'n dag van opwinding in die besiger dorpe is daar niks so mooi soos Jacobsbaai se eie weggesteekte strande en stil omgewing vir ontspanning. 'n Nuwe gunsteling-bestemming."
"Mooi, rustige vakansiebestemming, lekker om te gaan uitrus. Naby aan verskeie vakansieplekke."
"Die natuurskoon is pragtig en die mense vriendelik. Oulike en interessante winkeltjies. Vredenburg is net 'n klipgooi weg as jy inkopies wil gaan doen. Ek sal dit beslis aanbeveel. Sal nie sommer weer op 'n ander plek gaan vakansie hou nie. "
"Baie stil en rustige dorpie, vir rus en vrede is dit die ideale plek om te gaan rus."