Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"St Helenabaai is 'n lekker bestemming met heerlike restaurante. Dis naby die ander dorpies aan die Weskus en ook naby Vredenburg wat 'n redelike groot dorp is met alles wat nodig is — selfs dokters en 'n hospitaal en natuurlik die nodige winkels in die Weskus Mall."
"Ek is mal oor Lambertsbaai want dit is 'n baie rustige plekkie en ek geniet die lug en die omgewing."
"Almal waarsku mens oor die misdaad in Paternoster, maar ons het absoluut geen teken daarvan gesien nie. Daar was nie bedelaars naby ons huis nie, en ons het heeltyd baie veilig gevoel. Die nuwe ontwikkelings by die hawe (Koelkamers, kunsgalery en restaurante) is 'n besoek werd."
"Regtig nie veel om te doen of the sien in St. Helenabaai self nie, maar is naby ander plekke minder as 2 ure van Kaapstad. Aan die ander kant, jy gaan om te rus. As jy wil besig wees, kies liewers 'n ander plek."
"St Helenabaai is darem 'n entjie weg van Brittaniabaai. Ons het dit so verkies."
"Ons het vir die skoolvakansie al langs die Weskus af gery - ons, wel die kinders, het dit vreeslik geniet. Stil en goeie kwaliteittyd gehad."
"Paternoster is een van die beste plekkies om na toe te gaan vir 'n wegbreek. Daar is wel petty crime, maar niks so erg om my weg te hou van die plekkie by die see nie."
"Dit is baie stil en rustig by Grottobaai. Dit sou lekker gewees het as daar 'n restaurant en 'n winkel beskikbaar was in Grottobaai self, maar andersins is dit 'n pragtige plek."
"Watter vriendelike mense. Oral waar ons gegaan het was die mense altyd vriendelik en lekker geselserig."
"Is 'n goeie wegbreek as jy 'n besige leefstyl het en as jy net 'n bietjie wil rus."