Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Vuilgoeddromme op strand sal 'n groot aanwins wees. Glo die plaaslike munisipaliteit kan beter met besighede in omgewing saamwerk om ou geboue nie in gebruik te sloop en area beter te benut en te laat lyk om meer besoekers te lok en meer werksgeleenthede te skep."
"Is a small town with a lingering fishy smell in the air. We were not bothered by any smell on top of the hill where we stayed. The shops had rather limited goods and fresh meat was only available pre-packed. However, if you travel towards Vredenburg there is a good butchery next to the road. The local Portuguese Restaurant " Allegra" serves the greatest fish dishes and Portuguese Peri Peri Chicken, steaks, eisbein, seafood platters and a good choice of wines."
"Meeste van die toerismeplekke was gesluit en dit gedurende 'n skoolvakansietydperk, dit was vreemd."
"We discovered Westland Fisheries off the main road. Real value for money and extremely friendly staff."
"Onopgesmukte juweel van 'n vissersdorpie wat mens se hart baie maklik steel. Daar is alle basiese tipes winkels - goeie slaghuis, viswinkel, hardeware, vulstasie, Spar, OK Foods, USave, PEP, verskeie restaurante ens, en wonderbaarlik bly selfoonsein sterk tydens load shedding, maar die ander hoofstroom-winkels ontbreek, en juis dit maak dat mens meer afskakel. Jy koop wat jy nodig het, maar fokus verder baie meer op ontspanning, gesinstyd, die skoonheid van die omgewing, en op goed soos uitstappies strand toe. Die dorpie se mense kom opreg warm, hartlik en behulpsaam oor. Die tipe plek wat mens laat wonder...en weer terugkom."
"Ons hou baie van Langebaan en gaan kuier graag daar. Mooi natuurskoon en lekker restaurante by die strandmeer en by Mykonos se marina."
"Yzerfontein is a very safe and peaceful retreat with friendly people, wonderful restaurants and well equipped shops."
"Die viswinkel by die hawe verkoop die beste vis and skyfies. Die hawe het goeie, vars vleis vir lae pryse."
"Dit is 'n mooi dorp vol interessante winkeltjies. Ons ete by die Whale Rib was heerlik, Maniki het goeie geskenke of memorabilia, en die strand is skoon en regtig baie mooi. Ons sal definitief weer in Paternoster kuier."
"Velddrif is beslis die plek waar ons wil gaan aftree. Dis pragtig en rustig. En al die water maak mens so rustig en laat voel jou so klein. "The best of both worlds": die rivier en die see!"
"Baie klein plekkie maar soveel plekkies om te besoek, dit was lieflik en ons het die see uitsigte so geniet. Sal definitief weer kom besoek."