Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Baie naby aan al die gewilde strande. Asemrowende naruurskoon. Pragtige berge."
"Hierdie is 'n pragtige skoon dorp met heerlike kos op die eet- en drinkplekke se spyskaarte vir goeie pryse. Die boardwalks orals langs die kus, was heerlik om op te stap en sommer net op die bankies te sit en die see te geniet."
"Erkentelik was ek baie jare gelede op St. Helenabaai en was totaal stomgeslaan oor hoe dit uitgebrei het. Ek soek spesifiek plekke wat redelik onbewoon is vir wegbreke uit die stad, en het gevoel asof ek die een voorstad vir 'n ander verruil het. Geen kafees is naby die huis nie en verg dus ry met die motor tot in die dorp van die huis af om by winkels ens. uit te kom. St. Helenabaai het nou al te opgebou geraak vir my persoonlik om soontoe te gaan vir stilte en 'n bietjie introspeksie."
"Het baie stories gehoor van Kleinkrantz, maar wat ek daar gekry en gesien het is totaal anders - dit is vir ons baie lekker daar en ons gaan beslis terug na Ocean Pearl toe, dit sal die plek vir ons wees."
"Ek kuier gereed in George. Dis 'n baie rustige en kalmerende plek en daar is baie om te sien."
"Love die dorp en die mense. Vissersdorpie met soms 'n visreuk maar die ligging en die mense maak op vir die res. Strande en dorp is altyd skoon."
"Mal oor Wilderness. Kuier gereeld daar en gebruik dit onder andere as ons basis vir die George Kar Skou jaarliks. Prentjiemooi."
"Ek het nog familie in Beaufort-Wes, maar die plek het baie verander, die geboue word baie nalatig behandel. Beaufort-Wes was 'n baie mooi dorp, dit kan weer wees as mense saamwerk."
"Die pad is wel deels grondpad, maar was in 'n goeie toestand. Geen probleem vir ons SUV nie."