Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Hier is nie veel om te doen nie, maar vir die moeë reisiger is dit die ideale stil en rustige oornagdorpie, weg van die stede se lawaai en vakansiegangers. Dorp is baie netjies en alles is binne loopafstand. Die OK winkel wat oop is 24/7 is definitief 'n bonus, want ons kon selfs braaihout en vleis kry op 'n laat Sondagmiddag. Staf by die vulstasie was baie behulpsaam. Sal weer hier kom oornag en verder verken."
"Ons het spesiaal in Gordonsbaai oorgebly om Clarence Drive R44 te ry met ons motorfietse. Dit was 'n heerlike ondervinding, geseënd met perfekte weer. Ook Kleinmond verken, en was veral beïndruk met die skoon strate en pragtige paaie."
"Pragtige dorp met goed versorgde geboue en skoon strate. Ry bietjie rond en gaan loer na die pad uit na Ladismith. Garcias-pas is 'n lekker pad vir motorfiets-entoesiaste! Koffiewinkels en restaurante is volop, maar pasop vir die oorgretige verkeersmanne, wie net wag vir die verkeerde beweging!"
"Dis altyd lekker by die see. Langebaan brei net al hoe meer uit. Almal is altyd vriendelik."
"Die dorp is klein en eetplekke min, veral as jy 'n toeris is wat na 'n lang pad iets wil kry om te eet, sou sê dis perfek vir 'n oornagbestemming maar nie langer nie."
"Die strand is 'n wenner en ek sal vir seker teruggaan Paternoster toe, maar net nie so na aan die hawe nie. Die bakkies raas al van 4 uur in die oggend, selfs oor naweke."
Great Brak River, Western Cape
Glentana Getaway"Die eenheid is in Glentana (wat onder Groot-Brakrivier val). Glentana is beslis een van die mooiste strande op die Tuin-roete."
"Kaapstad is die plek om te wees. Hier is baie toeriste aanloklikhede en aktiwiteite om te doen."
"Wonderlike klein kusdorpie. Lekker gees oor die vakansietyd en stil die res van die jaar. Verkies dit persoonlik bo die nabygeleë Struisbaai."
"I love this place Only concern is the amount of illegal cray fish being sold to holiday makers, everyday everywhere."
"Rustig, loop en verken die dorp. Die ou huise en mense van die area is 'n juweel."
"Velddrif en omgewing is nog so plattelands en lekker aan die kus. Die see doen wonders vir 'n mens se gestel."