Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Ons het gaan mossels afhaal van die rotse en ook gaan seiljagvaar. Daar is baie om te doen in Langebaan."
"Riversdal is 'n ou dorp met sy eie kultuur. Dis nie die dorp waar ek Desember sal kuier nie, maar steeds 'n dorp met baie karakter."
"Die Weskus en sy mense is die sout van die aarde. Die mense het nog daai natuurlike liefde en respek vir sy medemens. Die Weskus is nog ongerep en dit wat jy waarneem met jou sintuie is eg. Van die kleurvolle sonsondergang tot die reuk van harders wat uitgedroog word op die bokkomrakke. Die geluid van paddatjies in die nag en voëls oor die water in die vroeë oggend. Daar is niks fake aan die Weskus nie."
"Ons kinders en kleinkinders woon daar in Loeriepark. Die plaasmarkies en die Aarbeiplaas is ons gereelde kuierplekke as ons George toe kom."
"Mooi dorp, maar instandhouding van paaie en skole nie so mooi soos die res van die Wes-Kaap wat ons besoek het nie."