Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Marloth Park is asemrowend, ek het dit terdeë geniet. Definitief 'n familie-bestemming."
"Amper geen diere meer soos voorheen nie. En die paaie kort 'n goeie skraap. Enigste wat baie lekker was, was by rivier. Dit was die moeite werd."
"Dit is naby genoeg vir 'n naweekwegbreek en baie rustig met varkies en bokke wat gereeld kom inloer."
"Eerste keer wat ek oorslaap by Marloth Park. Sal definitief dit weer doen. Personeel en sekuriteit is baie vriedelik en baie behulpsaam. 10/10 vir hulle. Grondpaaie tussen huise het bietjie aandag nodig. "
"Marloth Park is 'n uitstekende plek vir familie en vriende om so naby aan wild te kom en dit is baie naby om die Krugerwildtuin te besoek."
"Het naast gelegen Lionspruit Park is eigenlijk niet geschikt voor gewone auto's. De paden zijn erg ruw en het is beter om een hogere auto te hebben. Wegens de droogte zijn er veel dieren verplaatst omdat er niet genoeg eten is voor hen."
"Die park is reg teen die Kruger heining geleë en die Krokodilrivier met sy seekoeie en krokodille kan vandaar af gesien word. Die ingang na die Krugerpark deur die Krokodilrivierhek is ook net om die draai en ideaal om vanaf die suidekant die Kruger te besigtig. Maak net seker dat genoeg muskietafweermiddels ingepak word want die muskiete is nogals lastig na sonsondergang. "
"Ons eerste besoek aan Hectorspruit. Mooi natuurlike omgewing met baie landbou-aktiwiteite."
"Marloth Park has a big advantage in that it is within safe driving distance from Crocodile bridge. We have stayed at places in Hazyview and driving in the dark to Phabeni gate is both hair raising and unsafe with both cattle and errant drivers on the roads that time of the morning. I definitely prefer this option at Marloth Park. "
"The animals are making this place really special, especially the connection between nature and humans (tranquility)."
"Die dorp is baie kleiner as waaraan ons gewoond is. Die nodige kruideniersware en brandstof is te kry. Meer as dit het 'n mens nie regtig in die bosveld nodig nie."
"Lekker omgewing met baie wild. Was lekker om met die fietse te kon ry. Daar kan wel bietjie aandag aan die grondpaaie gegee word. Ek sal weer gaan."
"Wonderlike munisipaliteit met vriendelike inwoners (mense en diere). Dis ons derde besoek aan Marloth en nog vele wat voorlê! Maak seker julle besoek die Boskombuis tuisnywerheid - baie vriendelik en het die heerlikste melktert in SA!"
"Ek is gaande oor Marloth Park. Die rustigheid weg van die stadsgejaag is kos vir my siel. "
"Huisies is mooi onderhou en nie op mekaar nie. Die Krokodilrivier loop al langs die park en mense kan vir kms loop of ry en altyd iets by die water sien. Mense is vriendelik en vertel graag wat hulle gesien het en waar."