Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Baie goed ingerig, lekker restaurante en baie mooi wild gesien in Marlothpark self en by die rivier."
"Die diere wat tussen huise rondloop en kom kuier was baie spesiaal. Ons het 'n selfrit in Lionspruit gehad en verskeie diere gesien. Die ander fasiliteite was voldoende. Ons het 'n paar aktiwiteite gedoen. Die "night drive" en bosbraai was fantasties."
"We simply love Marloth Park. It is one of our favourite holiday destinations. Simply put - "Heaven is a place on earth - Marloth Park!""
"Was nie een dag in die KNP gewees nie, maar het tog nog steeds 3 uit die groot 5 gesien. Die luiperdwyfie was pragtig. Ideale plek vir enigiemand wat van bos hou."
"Sekuriteit by die hek is glad nie op standaard nie. Spoed in die park is 'n probleem."
"Hou dit so stil met julle reëls teen harde musiek, mense en karre wat stadig moet ry. Dis 'n beautiful plek."
"Die park moet 'n toegangsfooi vra vir nie-inwoners. Daar was mense met busse aangery wat so dronk was op die 16de Des. Bottels gebreek het en hulle wangedra het. Daar was ook op 'n ander dag 'n taxi wat by die swembadpark parkeer het en kliphard musiek geluister het. Dan betaal hy en sy vriende slegs R50 om die hele dag daar te wees. Maak Marlothpark toe vir dagbesoekers of vra hulle R200 per persoon om in te gaan."
"Marlothpark het beslis ons harte gesteel van ons eerste besoek daar so 3 jaar terug. Ek moet bysê alhoewel dit nou die bosveld is kan daar dalk aandag gegee word aan die grondpaaie. Buiten dit, is dit 'n lekker plek wat ons graag besoek."
"Ongelukkig het hulle nie by " load shedding" skedule gebly nie. Het nooit geweet of die krag net 2 ure of dalk 4 ure af gaan wees nie."
"So goed geleë vir besoeke aan Krugerwildtuin. Stil Bosveld met baie diere wat op jou stoep kom kuier."
"Marlothpark - klein Krugerwildtuin is bekostigbaar en die feit dat die huise so beplan is dat jy nie jou direkte bure sommer kan sien nie, maar dit baie ideaal vir 'n wegbreek en ontspantyd."