Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Dit het my opgeval dat daar redelik baie rondlopers is na ure. Nie seker of dit werkers was of net rondlopers is nie. Die hek naby die rivier met sekuriteit op 'n aangrensende plaas het net oopgestaan met baie mense daar in en uit in die laatmiddae."
"Die paaie is ’n uitdaging na die reën, maar ons het heerlik gekuier en die mense was, soos gewoonlik, baie vriendelik."
"Marlothpark exceeded our expectations and we will definitely go back. For people who love a bush experience it is highly recommended."
"Ek verkies Marlothpark bo die Krugerwildtuin. Ons sien altyd meer diere langs die rivier as wat ons in die wildtuin sien. Die wild in Marloth is ook baie nice. Koedoes en sebras kom tot in jou erf en met die kinders is dit baie lekker."
"Marloth Park is always a good destination. It is close to KNP if you wans to do a self-drive safari or you can just stay in Marloth Park, relax and the wildlife comes to you."
"Baie wildspesies gesien! Baie groen na al die reën. Fantastiese wegbreekplek, asook vir besigheid om die stilte en rustigheid te beleef!"
"Marlothpark is 'n baie lekker plek om vir 'n naweek of langer te ontspan. Daar is baie bekostigbare plekke om te huur en dit is by die Krugerwildtuin as jy soontoe wil gaan as 'n dagbesoeker. As jy nie lus het om wildtuin toe te ry nie, kan jy net by die huis ontspan en nogsteeds baie wild tussen die huise sien."
"99% van die besoekers is vriendelik. Die personeel in die besighede, neem die toeristebedryf baie ernstig op en laat elkeen wat ’n winkel en restaurant besoek, sommer tuis voel. 100% aan Irving Knight Safaris, wat ons op ’n onvergeetlike deur die wildtuin gevat het. Ons beveel hom aan vir enige besoekers."
"The roads have taken a terrible pounding from the rains recently and need to be upgraded ASAP."
"Dit het wel nou vreeslik baie gereën, maar die paaie was in Julie al in n toestand, kort dringend aandag. Verder is dit ’n heerlike stil plek om jouself weer te kan vind!"
"Oorgenoeg wild om mens se verblyf aangenaam te maak. Diere is mak ook en verskaf plesier."
"Die inligtingskantoor is amazing. Die dame wat daar werk is ’n sonstraal Sy is hulpvaardig en baie vriendelik."
"Altyd 'n plesier om Marloth toe te gaan, om die wild en Bosveldlewe te ervaar is voorwaar 'n voorreg."
"Sou handig wees as Marloth 'n tipe kaart en ook lys van fasiliteite (restaurante, ens...) beskikbaar kan stel by aankoms of by eenhede binne die park."
"Baie lekker bosveldbestemming veilig en mooi. Die winkels het ’nbekostigbare verskeideinheid items. Al die personeel is vriendelik en behulpsaam."
"Waarsku besoekers om nie met klein motors te gaan nie. Die grondpaaie is in ’m baie slegte toestand na die reën."
"I love that they respond to injured animals and allow for limited interaction with clearly set out rules. Would love to visit again soon."
"Altyd lekker om na Marloth toe te gaan. Daar is alles vir oud en jonk. Dan is dit ook lekker om die diere te bederf."