Verified Reviews
Wild Frontier
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wild Frontier
Rated 4.6 out of 5 based on 3542 reviews.
"Marloth Park is rêrig awesome, ons gaan elke jaar soontoe. Ons wil nooit huis toe gaan nie, dit is altyd so hartseer om daar te ry. Ons wil rêrig eendag daar aftree."
"Marlothpark self is baie lekker. Genoeg winkels, sekuriteit, Vermaak en dienste. Heerlik geleë. Baie wild in Marloth self. "
"Raak net baie besig in vakansietye en die krag gaan baie af, iets waaraan aandag gegee kan word, veral in somermaande as dit so warm word."
"Marlothpark is 'n wonderlike inisiatief. Ons het self Njalas gesien wat ons nie in Krugerpark gesien het nie. Verblyfkostes baie beter as Krugerpark self en kan enige begroting klop. "
"Sou graag self grond in Marloth wou hê vir wanneer ons eendag wil aftree - al was dit ons eerste keer in Marloth, was ons al heelwat in die die Krugerwildtuin."
"Paaie kort aandag. Sal wonderlik wees as park nie meer as 'n deurreisgebied gebruik word nie, te veel mense wat net uithang. Dankie vir 'n wonderlike park waar ons kan rus en vakansie hou."
"Verskeidenheid wilde diere en hoe mak hulle is, het ons verbaas en die verblyf aangenaam gemaak. Uitkykpunte in Seekoeistraat teen die rivier het ook 'n goeie verskeidenheid wild opgelewer."
"Die paaie is nie baie toeganklik nie, veral as dit reën. Dit is baie klipperig en nie geskik vir 'n moderne sedan nie."
"Gerieflik naby die wildtuin met heelwat akkommodasie beskikbaar. Van die woondele is mooi, maar dele van die hoofstraat lyk egter nie goed nie. Maak dus seker dat jou akkommodasie goed geleë is."
"Thank you for introducing the card system for cards - that helps with security clearance and I guess also making sure access to Marloth Park is controlled and accounted for."
"Desember is baie besig en veral vanaf die 22ste raak dit te dol vir ons, maar dit was lieflik groen en ons het 'n groot verskeidenheid wild gesien. Dit bly maar 'n fantastiese plek om naby die natuur te kom. "
"Marlothpark is 'n lekker vakansiedorp. Die winkels in Marlothpark het al die basiese benodighede. Dis heerlik om langs die rivier af te ry en die wild te besigtig in die Kruger. Al die wild in Marlothpark is ook 'n bonus."
"Marloth Park is a mini Kruger, where sometimes it isn't even necessary to go into the Kruger. We absolutely love going to our Kruger home."