Verified Reviews
Wilderness
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wilderness
Rated 4.8 out of 5 based on 774 reviews.
"Lekker vakansiedorpie, naby alles. Baie mooi omgewing, by die see, maar hwt ook vele opsies as strand nie toeganklik is nie."
"There isn't much to see or places of attractions, unless you want to chill, you would have to drive to the nearest towns."
"Goeie restaurante met alles wat nodig is vir 'n week se vakansie sonder om George toe te moet gaan."
"Moenie vergeet om die Map of Africa te besoek wanneer jy in die Wildernis kom nie. Dit is asemrowend mooi."
"Heerlik pizza geëet by Pomodoro, beste steak by Joplins en ‘n smaaksafari by The Girls geniet. Mens kan lekker vêr op die strand stap. Gaan ry die Sewe Passe-pas en drentel rond en loer in al die oulike plekkies in en om Wildernis. Ons kyk na moontlik kamp by Ebb and Flow."
"Ek was heel verbaas, die hele dorp is vriendelik, kan gaan stap sonder om onveilig te voel, baie lekker strand en restaurantjies in die omgewing. Verder is george naby en Sedgefield."
"Dit was tragies om te sien hoe die eens pragtige toeriste dorp deur Covid-19 gedwing is om baie van die toeriste winkels [geskenke en eetplekke] te sluit in so 'n mate dat daar nou bykans geen aandoen plekkies meer oor is."
"Wildernis is 'n pragtige dorpie, net jammer dat soveel restaurante geknak het onder Covid 19."
"Die dorp se kuierplekke is interesant en bied smaaklike etes. Ons reis selde deur die dorp sonder om te vertoef. 'n Juweel op die kus."
"'n Lieflike, baie besonderse plek: welige plantegroei, bosse en die see daarby."
"Dis rustig, nie veel in terme van toeriste-attraksies nie, maar die see is mooi!"
"There are lots of child friendly restaurants and play areas near by the house. Was beautiful and lush with greenery."
"Wildernis bied so baie. Van stap in die woud, wonderlike restaurante en nog vele meer om te doen. 4 dae hier was te min tyd!"
"Baie mooi deel van ons land. Interessante buitemuurse aktiwiteite vir die avontuurlustiges! "