Verified Reviews
Willowmore
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Willowmore
Rated 4 out of 5 based on 165 reviews.
"Willowmore is a beautiful town in the Karoo! You have to visit the town."
"Dit is n baie interessante en aangename plek om te besoek."
"Het die dorpie geniet en dit moenie verbygery word op pad George of binneland toe nie. Naas Klaarstroom die skoonste dorpie waardeur ek die vakansie was. Jammer daardie pragtige skoolgebou is besig om te verval en verwaarloos te word. Maak 'n draai by Belly Deli. In plaas van een groot melkskommel te bestel, bestel twee of drie verskillende geure gelyk soos die Amarula-een, heerlik. Lekker ontbyt geëet en gesnuffel in die verskillende unieke afdelings onder een dak."
"Sophy's choice coffee shop bied baie goeie waarde vir geld met hul aandetes. Die dekor is smaakvol met outydse sjarme."
"Ons het die rustigheid en stilte baie geniet. Lekker om te weet dis veilig en mens kan in Willowmore stap na als waar mens wil wees. "
"'n Mooi plattelandse dorpie met 'n verskeidenheid oulike restaurante en koffiewinkels."
"Dierbare Karoodorpie. Kapoet koffiehuis bedien die heerlikste koffie en koek. "
"Willowmore is 'n gasvrye dorpie wat jou verras met die verskeidenheid heerlike winkeltjies en restaurante om by in te loer."
"Willowmore het geen invloed op die verblyf by Verberg Herberg nie. Dit is baie kilometers daarvandaan en ons het nie daar aangedoen nie."
"Gaan kuier by Hennie (Boer soek n vrou) se teekamer en eet 'n pannekoek gevul met melktertvulsel. Heerlik verby!"
"Daar was 'n aardige reuk in die dorp naby die munisipale kampterrein (riool of soortgelyk)! Gelukkig is die "Old Jail " ver daarvan geleë!"
"Willowmore is 'n aantreklike klein toeristedorpie met die vriendelikste mense en kos wat jou verwagtinge sal oortref."
"Ek reken Willowmore se toeriste-aantrekking word onderskat. Ofskoon ons gedurende Nuwejaar daar was met baie verkeer na die noorde toe, bied Willowmore eintlik meer as wat 'n mens op die oog af sou dink. Met Baviaanspoort se toeriste-aantrekking en verblyf, gee die deurverkeer vir Willowmore ook meer besigheid. Daar is egter besienswardighede op Willowmore wat beter bestuur kan word - bv. die ou sinagoge wat vervalle is, kan opgeknap word. Die ou tronk is nie meer toeganklik nie omdat dit nou 'n gastehuis is."
"Definitely worth a visit. An evening stroll, quaint shops and places to eat make it a place to add to your bucket list. "
"Had a puncture upon leaving Uitspan so had to go into Willowmore. The service station was so helpful and efficient in repairing the tyre. Good to see the owner there on a public holiday. Thanks for excellent service."