Verified Reviews
Winterton
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Winterton
Rated 3.9 out of 5 based on 73 reviews.
"Sentraal geleë om al die mooi van die Drakensberge te geniet, met meer as genoeg aktiwiteite. Oral langs die pad interessante winkeltjies en genoeg restaurante om van te kies. "
"Very friendly little town. We went to the local Winterton pub at the Bridge Hotel. What a great experience. Lovely little shops all around and the scenery is amazing."
"It is quaint and had good Saturday activities. The Drakensberg Boys Choir was fabulous. A great must see."
"Daar is baie potensiaal om dit 'n gesogte akkommodasie bestemming te maak vanweë die sentrale ligging, maar die paaie het dringende aandag nodig. "
"Klein dorpie. Baie mooi net 20 km van die Drakensberg. Daar is soveel om te doen en was baie gelukkig met my besluit om daar te gaan afpak vir 'n naweek. "
"Pragtige area met baie aktiwiteite vir die natuurliefhebber. Ons is spyt ons kon nie langer bly nie. Dit was die perfekte plek om op ons reis van Beaufort-Wes na Durban te stop, en soos ek sê, in die vervolg sal ons beslis meer tyd daar deurbring."
"Lekker sentraal met baie aktiwiteite (vir oud en jonk) in die nabye omgewing."
"Dit lyk nie of die Munisipaliteit moeite doen om die dorp skoon en in stand te hou nie."
"Baie om te sien en te beleef in 'n redelike kort afstand. Drakensberg se Seuns Koor is 'n moet, asook die roofvoëlsentrum."
"Nie veel in Winterton te doen nie. Darem 'n paar winkels om kruideniersware te koop, en noodsaaklike goedjies."
"Die dorp bied nie juis baie fasiliteite nie. Die omgewing is meer op toerisme ingestel."
"Winterton is die sentrum van hierdie toeristestreek. Dit het 'n baie interessante museum. John Weston se gemotoriseerde karavaan waarmee hy en sy gesin honderd jaar gelede deur Afrika na Europa gereis het, staan in die museum. Die kurator en inligtingsbeampte van die museum is baie behulpsaam. 'n Goeie kaart van die hele gebied en al die oorblyplekke is beskikbaar. Winterton is 100 jaar oud, maar steeds 'n mooi dorpie wat goed instand gehou word. Iemand wat nog nie hier was nie, mis iets."
"Winterton is 'n lekker gesellige dorpie. Pint & Pigout was ons gunsteling eetplek. Was net vies oor MASCOR wat nie Saterdag oop was nie."
"The village is quite small, nothing much to do there, but it's close to multiple hiking trails in the Drakensberg. "
"Baie mooi omgewing, veral as jy die minder bekende roetes neem en van die snelweg af bly. Daar is heelwat besienswaardighede in die omgewing, binne 'n redelike afstand van Midlands Meander af. Winterton self is klein en plattelands, en as mens daarvan hou is dit ideaal. "