Verified Reviews
Winterton
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Winterton
Rated 3.9 out of 5 based on 73 reviews.
"Ons was vir die Berg en Bush fietswedren daar. Die organiseerders het ons wel na Spioenkop gevat met al sy geskiedenis en dit was baie interessant. By die rivier waar die fietswedren begin en geëindig het was dit ook baie mooi. Ek dink tog daar is baie te doen soos staproetes en Drakensberge met alle dinge wat daar in die omgewing aangebied word. (Drakensberg Seunskoor)"
"Jou huis ver van die huis af, baie lekker plekkie met wonderlike mense."
"Love die Pig and Plough eet- en koffiewinkel op Winterton. Kos was heerlik vars, ek dink mens kan definitief meer plaaslike eetplekkies ondersteun, in plaas van groot francises, dit sal hul deure oophou en werksgeleenhede skep. "
"Ken nie Winterton se toeristebesienswaardighede nie maar dis sentraal geleë indien jy vandaar die omgewing wil besigtig en beleef waar baie is om te sien en te doen."
"Winterton was vir ons die ideale rondrits plek! Die artikel in die nuutste Weg Platteland het net weer alles onderstreep wat Winterton bied!"
"Goed geleë en naby baie besienswaardighede ten opsigte van ons land se geskiedenis en die Drakensberge. "
"Lyk na 'n lekker dorpie. Sentraal op die kruising na die Sentrale Berg area."
"Winterton self het nie baie om te sien nie. Die omliggende omgewing is egter regtig baie mooi!"