Verified Reviews
Witsand
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Witsand
Rated 4.6 out of 5 based on 672 reviews.
"Dit is voorwaar een van die mooiste toeriste attraksies waarvan min mense bewus is. Ek dink met beter advertensies op internet en sosiale media sal Witsand voorwaar in 'n toeriste toestroming verander. Baie mooi plek."
"Dit is voorwaar een van die mooiste toeriste aantreklikhede waarvan min mense bewus is. Ek dink met beter advertensies op internet en sosiale media sal Witsand voorwaar in 'n toeriste toestroming verander. Baie mooi plek."
"No where was Witsand marketed as a fishing town. Definitely not a beach town. To windy. "
"Besoek Witsand as jy lekker wil baljaar in die see en klein kindertjies het wat daarvan sal hou om in die poeletjies te speel. "
"Die winkeltjies is redelik goed toegerus. Vir vars groente ens. is Heidelberg en Swellendam naby genoeg. Die mense is vriendelik en die area pragtig en veilig. "
"Pragtige ongerepte natuur. Ontspannend en baie rustig. Hier kan jy werklik rus en ontspan. Baie klein dorpie, weg van die woelige stad."
"Heerlik stil, rustig en hope plek op strand om te baljaar met jou dierekind."
"Eerste besoek, (vir die maraton), en baie geniet, sien uit na volgende jaar."
"Kom gereed met jou kruideniersware en drankies. Die winkels het beperkte voorraad, maak baie vroeg toe en pryse kan bietjie knap wees. Maar andersin is dit 'n pragtige dorpie wat baie het om te bied. "
"Witsand is 'n moet om te besoek, veral as mens graag walvisse vanaf die strand wil sien. "
"As jy wil walvisse kyk en wegkom vanaf die stad se gewoel, is dit die regte plek."