Verified Reviews
Yzerfontein
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Yzerfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 1417 reviews.
"'n Wonderlike ervaring. Die strand is seker een van die bestes sover ... skoon en toeganklik. Ons het beslis 'n wonderlike naweek in Yzerfontein gehad. Die winkels wat ons besoek het was netjies en het alles gehad wat ons benodig het. "
"Dit is 'n pragtige plek met baie mooi huise en pragtige skoon strande - net jammer die water is so koud."
"Pragtige rustige dorpie met alles wat jy nodig het. Ongelukkig is daar nie teveel vis te vang vanaf die kant nie."
"Yzerfontein is 'n pragtige plek met lang strande, 'n groen-blou see en Weskus-kuslyn kan jy amper in Griekeland wees."
"Mooiste plek. 'n Stukkie hemel op aarde wat mooi weggesteek is. Rondom Yzerontein is daar baie ander strande om te sien. Melkbos, Blouberg en Langebaan is net 30 minute weg (Langebaan het 'n mall). Dis 'n lekker klein dorpie met die vriendlikste mense wat altyd regstaan om te help. Van die viswinkel tot die nethied van die Spar is alles die moeite werd en sal ek enige iemand aanraai om 'n draai te maak. Die strand is mooi skoon en die son sak reg voor jou. Sal beslis weer kom kuier!"
"Dis 'n lekker stil dog groot vakansiedorpie. Alhoewel daar nog nie baie besighede is nie, is dit aanvaarbaar."
"'n Pragtige, rustige plek vir ontspanning en vakansie! Yzerfontein is besonder netjies en inwoners is baie behulpsaam. Verseker 'n besoek werd! "
"Yzerfontein is 'n fantasties vakansie plek vir enige mense wat van die see en rustige lewe hou! Ek gee vir Yzerfontein 100%."
"Dit is 'n pragtige, rustige vakansie bestemming met baie vriendelike mense. Heerlike ondervinding gewees."
"Ek was werklik aangenaam verras met die dorp. Die Spar is fantasties - mens kan alles daar kry wat jy nodig het. Goeie verskeidenheid produkte - ook heerlike vars produkte en gebak. Ook die restaurant waar ons gaan eet het, was 'n totale verrassing. Lulu's by die sportklub - heerlikste kos en atmosfeer. Verder is die dorp rustig - mense loop langs die strate met hul honde - dis stil en soms is al wat jy hoor die geruis van die see. Baie naby Darling met talle aktiwiteite om te geniet. Pragtig! "
"Just one of the many little gems on South Africa's west coast and very conveniently located next to the West Coast National Park, which is well worth at least a full day's exploration."
"Ons was daar vir 'n visvang-kompetisie, so het nie baie tyd gehad om rond te kyk nie, maar sal teruggaan vir 'n naweek om meer van die plek te sien, veral in die somer."