Verified Reviews
Yzerfontein
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Yzerfontein
Rated 4.7 out of 5 based on 1417 reviews.
"Pragtige, skoon, vriendelike plekkie. Een van die pragtigste plekkies om te besoek."
"Almal baie vriendelik, almal groet. Baie mooi, rustige plek, mooi natuurskoon, vir ure en ure langs die strand afgestap. "
"We love Yzerfontein and it is well worth a visit. It is clean and tidy with beautiful beaches."
"Yzerfontein is 'n klein Weskus-dorpie met vriendelike mense, 'n lieflike lang wit strand vir stap en bo alles voel 'n mens veilig daar."
"Heerlike vakansiedorp en al die nodige winkels (Spar, apteek ens.). Pragtige staproetes en heerlike seelug. Mooi loop- en swemstrand. Lekker naby aan Kaapstad (net so 'n uur se rustige ry). Pasop vir die kameras!"
"Yzerfontein is 'n klein juweel met oulike plekke in omgewing om te besigtig."
"Ons dink Yzerfontein as toeristebestemming is wonderlik en het groot potensiaal. Ons ry baie kere daar aan en het al baie mense daarheen verwys. Daar is goeie restuarante, puik gastehuise teen bekostigbare pryse, lekker stapplek en natuurskoon waar jy kyk."
"Die omgewing (Weskus tot by Langebaan) gerieflik bereikbaar. In Yzerfontein self is beperkte toeriste=besienswaardighede en die see is heelwat te koud vir mense wat die Natalse suid- en noordkus gewoond is."
"Die verskillende voetpaadjies langs die see en die bankies was werklik 'n plesier. Jy kan ure daar sit en die kalmte van die see ervaar."
"Wat 'n absolute fantastiese plek. Nie ver van die stad af nie en net ver genoeg om te kan afskakel en die see te geniet. "
"Baie oulike en mooi plek, interessante fauna en flora in en om die dorp, interessante besoek punte, heerlike strande - sal beslis weer Yzerfontein besoek!"
"Is absoluut verlief op Yzerfontein en al die weskus dorpies. Beslis een van my gunsteling vakansie bestemmings."