Successfully reported
+21

Tuscany @ Sea 3

Self Catering

Review Summary

2.6 out of 5from 1 review Tuscany @ Sea 3
Cleanliness
2.0/5
Service
2.0/5
Location
3.0/5
Safety
3.0/5
Value for money
3.0/5
Cornelius F C - Nov 2022
Overall rating
Cleanliness
2/5
Service
2/5
Location
3/5
Safety
3/5
Value for money
3/5
Cornelius F C
With partner

Teleurgesteld.

Op die foto's pragtig en ruim maar in wese beknop. Die badkamer en toilet wat uit die kombuis vloei het ons glad nie aangestaan. Kan my nie indink wat 'n gesin met kinders sal doen as enigeen 'n maag aandoening het. Eerste plek ook ooit waar ons vir krag moes betaal as dagbesoekers en waar jy laat opdaag en daar is geen krag op die meter, terwyl die eienaar 'n vereiste stel dat daar ten minste 60 eenhede moet wees wanneer ontruim word. Ook geen flitse ander ligte en/of gas kookgerei vir beurtkrag, wat ons nou al almal weet, aan die orde van die dag is. Ook geen onderdakparkering vir jou voertuig en selfs by die braai-area.

This review is being shown in its original language.
Translate to English.

Disappointed.

Beautiful and spacious in the photos but cramped in essence. The bathroom and toilet that flows from the kitchen did not appeal to us at all. Can't imagine what a family with kids would do if anyone had a stomach ailment. Also first place ever where we had to pay for power as day visitors and where you arrive late and there is no power on the meter, while the owner has a requirement that there be at least 60 units when vacating. Also no flashlights, other lights and/or gas cookware for load shedding, which we all know by now is the order of the day. Also no covered parking for your vehicle and even at the braai area.

This review has been automatically translated using Google.
View original in Afrikaans.

Tuscany @ Sea 3 's response

Beste Cornelius. Baie dankie vir jou terugvoering. Ek is jammer om te hoor dat jy teleurgesteld is met sekere aspekte van jou verblyf. Van my kant af wil ek net graag 'n paar goed in perspektief stel.
Ek het julle genooi om my te kontak indien daar enige iets is wat julle nodig het. Ek het ook Annemarie se nommer vir julle gegee wat op die perseel woon, om enige klagtes of behoeftes te addresseer. Ek het geen klagtes of versoeke van julle ontvang nie. Ek het moeite gedoen om julle te gaan haal toe julle nie die pad kon vind na die meenthuis nie. Hierdie terugvoering is dus vir my 'n verrassing.
Die tariewe vir die verblyf is absoluut markverwant, in der waarheid effens laer as soortgelyke meenthuise in dieselfde kompleks. Die tarief is gebasseer op die grootte, inhoud en ligging van die meenthuis.
Die ligging van die badkamer is volgens die oorspronklike ontwerp van die eenhede, soos deur die argitek ontwerp. Die badkamer het 'n deur en venster, wat voldoende is om die vertrek te isoleer. Ons sal nogtans ondersoek instel na die moontlikheid om 'n "extractor fan" te installeer.
Daar word nerens in die advertensie melding gemaak dat daar onderdak parkering beskikbaar is nie. Daar is egter meer as voldoende parkeer ruimte. Weer eens is dit in ag geneem by die bepaling van die tariewe.
Daar is kerse en blakers beskikbaar in die eenheid, om voorsiening te maak vir lig in die geval van kragonderbrekings. Gaste bring gewoonlik flitsligte saam of gebruik selfoon ligte vir ekstra beligting, omdat beurtkrag deesdae baie algemeen is. Ons sal nogtans 'n flitslig in die eenheid beskikbaar maak. Weer eens wil ek noem dat ek dadelik in julle behoefte sou voorsien het as julle my of Annemarie bewus gemaak het daarvan.

Weer eens dankie vir jou terugvoering. Dit help my om dinge aan te spreek, wat binne my vermoe is.

Beste groete

Tuscany @ Sea 3
From
From R 800
per night (sleeps 4)
From
R 800
per night (sleeps 4)
Make a Booking
  • Capacity: 4 people
  • All ages welcome
  • Check-in: 14:00 to 19:00
    Check-out: 10:00
  • Address: 47 Melkhout Street, Tuscany @ Sea, Mossel Bay, 6525, Western Cape
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa48f700f31b43315d99a8047af5488d1c11f2b68c19e9d803870011db7992afdb8d13a6f506b0a52baa5ebcc0aaf27e24c35?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 From R800 per night (sleeps 4) 1 5 1 3 47 Melkhout Street Tuscany @ Sea 6525 Western Cape 021 201 8900 14:00-19:00 10:00 -34.065283886037 22.199346825108