Verified Reviews
Agulhas
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Agulhas
Rated 4.7 out of 5 based on 606 reviews.
"Dit het baie besiger geword in die vier jaar sedert ons laas daar was, maar daar is genoeg spasie by poele en op Struisbaai se strand dat dit nie beknop raak nie. Ek hou ook van die idee dat mens moet uitry van Bredasdorp af om daar te kom en dit is nie nog 'n kusdorp op die pad wat baie verkeer het wat deurry nie. Dit is heerlik om daar te stap op die geplaveide paadjies en baie veilig."
"Was heerlik by die see en om op die mees suidelike punt van ons kontinent te staan."
"L'Agulhas is n pragtige dorpie met heerlike eetplekke, vriendelike mense en baie om te doen. Die strande in die omgewing is asemrowend!"
"Besoek die suiderstrand en luister hoe die golwe op die klippies breek. Besoek die pylstert in Aghulas hawe - as jy gelukkig is, kom hy uit as daar mense is."
"Hoping the gravel road by the light house will be fixed soon. Detrimental to your car's health. "
"Die vraag oor Lessenaargeriewe in ons kamer was vir ons irrelevant. In die kombuis was 'n heerlike groot tafel wat 100% aan ons behoeftes voldoen het."
"Aangename verrassing. Pragtige winkeltjies met kuns en handwerk. Heerlike etes."
"Lekker plekkie met die 2 Oceans wat binne loopafstand van restaurante en ander plekke is. Die natuur is mooi met die berg aan die een kant en die see aan die ander kant."
"Die uitsig vanaf die uitkykpunt is asembenewend mooi! Behalwe die pragtige L'Agulhas is dit ook die moeite werd om die omgewing te verken soos die pragtige Elim dorpie."
"'n Besoek aan L'Agulhas is 'n moet, veral die vuurtoring en Waenhuiskrans-grot. Beplan jou besoek sodat jy met laagwater daar is anders kan jy nie toegang tot die grot kry nie. Cape Nature kan gerus 'n plan maak met die verwaarloosde inligtingsborde by die toegangspad na die grot. Tans skep dit 'n baie swak indruk."
"Al die mense wat ons daar teëgekom het is baie vriendelik en dit maak dit baie aangenaam om in die plek rond te beweeg. As jy 'n hengelaar of die kunstige tipe is, is die plek perfek vir jou."
"Agulhas itself is wonderful. We did the long walk and visited the lighthouse. We had a very nice fish meal in the local restaurant and bought and sent postcards from the local supermarket. Spotted wales as well! We will be back to Agulhas."