Verified Reviews
Amanzimtoti
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Amanzimtoti
Rated 4.5 out of 5 based on 980 reviews.
"Alhoewel ons oor Paasnaweek die area besoek het, was ons baie verbaas dat Warner Beach baie stil en rustig was en nie volgepak met vakansiegangers en baie verkeer nie. Sal weer daar aandoen."
"Dis 'n baie lekker plek om uit te rus. Dis stil en tog ook naby genoeg aan die stad vir 'n wegbreek. Daar is baie besienswaardighede wat jy kan gaan besoek. "
"Lekker rustig en vriendelike mense wat daar woon, Olies Pub & Grill is tops en atmosfeer was awesome sien julle gou weer! "
"Baie lekker kuierplekke en eetplekke veral Splash Water Wold vir kinders en skoon strande. Stapafstand."
"Dis nog 'n lekker omgewing waar jy kan veilig voel om saans te gaan stap. 'n Ekstra bonus is die mense is vriendelik en behulpsaam. Sal definitief weer van Seaside on Vans gebruik maak!"
"Dis nog 'n lekker omgewing waar jy kan veilig voel om saans te gaan stap. 'n Ekstra bonus is die mense is vriendelik en behulpsaam. "
"Small holiday location on the beach with good nearby facilities in a safe beach tidal pool. "
"Baie vriendelike personeel. 'n Lekker vakansie vir die hele gesin oud en jonk."
"Bedelaars is oorweldigend en kinders wat dwelms gebruik oop en bloot op die strand is ongelooflik teleurstellend."
"Baie sentraal met baie aktiwiteite naby vir kinders. Strand is skoon en daar is ook 'n baie lekker gety swembad by die hoofstrand."
"Dit is skoon en nie te besig nie. Jy is steeds tussen mense maar daar is genoeg spasie. Niemand vertrap mekaar nie. Daar is toesig oor die hele strand en daar word mense na jou gestuur vir veiligheidsredes indien die see te rof is die dag om jou te waarsku in die minder besige dele."
"Swemstrand nie baie gemaklik om in te swem, word te gou diep vir al vir kinders."