Verified Reviews
Amanzimtoti
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Amanzimtoti
Rated 4.5 out of 5 based on 980 reviews.
"Ek is baie lief vir Amanzimtoti as 'n vakansie plek. Sal weer en weer soontoe gaan."
"Ons was in Julie daar so dit was nie so besig nie, maar dink dit kan vinnig oorvol raak in Desember. Die area is redelik skoon en veilig genoeg winkels. Die strand se toilette was skoon, maar kan definitief geteel word en herwinbare plastiek deure op sit. Opknapping is nodig."
"Die strate en die strand is mooi skoon. Die inwoners is baie vriendelik. Almal het ons welkom en veilig laat voel."
"Die afdraende af see toe van die woonstel af, was bietjie uitputtend, maar nog steeds die moeite werd."
"Lekker area en see, naby Durban. Maak seker van die ou en nuwe pad en dorpsname as jy suidkus toe gaan."
"Dis 'n klein dorpie met vriendelike mense. Amanzimtoti en Warner Beach is reg langsaan."
"Strand infrastruktuur kort aandag, veral toiletgeriewe. Vra 'n fooi van R2 vir gebruik. Dit kan dan aangewend word vir die onderhoud."
"Sekuriteit was puik en die restaurante was ook bekostigbaar en die kos van goeie gehalte."
"Ons het net eers bietjie gesukkel om die regte Ocean Breeze te kry. Miskien net duidelike verwysingsbordjies aanbring by die ingang na Winklespruit. Dit sal eerstekommers dalkies vinniger bring by die regte Ocean Breeze."