Verified Reviews
Ballito
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Ballito
Rated 4.7 out of 5 based on 1106 reviews.
"Salt Rock was effe besiger as waarop ons gereken het, en bietjie kommersieël vir ons smaak - ons het gedink dis 'n stiller kusdorpie. Dit bied egter alles wat 'n toeris van so 'n gebied kan verwag, met volop bo-baas restaurante en vermaak. Al was dit nou nie 100% wat ons verwag het nie was ons tydjie daar onvergeetlik en sal ons weer gaan."
"Dit is 'n fantastiese plek. Mooi en skoon. Ek kan net aanbeveel dat daar iets aan die paaie gedoen word. Dit is vol slaggate en baie ongelyk."
"Ons was daar in Maart. Dis warm, baie warm, maar die see is naby en die strande silwerskoon, baie eetplekke en vriendelike mense."
"Daar is ongelukkig nie voldoende toiletgeriewe onder op die naaste strand nie so ons het maar meestal Hawkins Beach toe gery. Die hops restaurant was uitstekende pryse en diens. Ons het power kos en slegte diens by the Galley restaurant gekry. Ons het Flag Animal Farm Ballito Junction en Waterberry ook baie geniet."
"Ons het twee eetplekke besoek en albei was besonders. Nikos & Eat Local. Kan dit aanbeveel!"
"Balito het nie die lekkerste strand nie, maar daar is Unhloti strand naby wat 'n lekker oop strand is."
"It was our first visit to Ballito and found it very relaxing and not too busy. There is also a very nice shopping mall with restaurants and movie theatre."
"Ballitto is amazing, lots to offer. People should go experience Balitto."
"Vanaf die N2 (Salt Rock afrit) is daar heelwat bouwerk aan pad en wooneenhede wat baie fokus op die pad en veiligheid vereis."
"Ballito is bedrywiger as wat ek gedink het. Swemstrand is nie baie goed nie. Baie rotse. Baie goed versorgde strande. Lang prominade vir lekker stap langs die see. Ons verkies steeds die Suidkus."
"Ballito is op 'n baie hoë standaard sover, wat die omgewing en veral swemstrande betref. 'n Mens voel veilig en die inwoners is altyd vriendelik. Die promenade op die voorstrande is 'n treffer. Sal definitief weer kom en vir ander aanbeveel."
"Baie lekker plek om vakansie te hou. Heerlike restaurante en Taylors Meat, Science of Coffee en Hops is van die beste plekke wat uiteet, vleis- en koffiekoop aanbetref."
"Dis 'n baie mooi woongebied en ons sal enige tyd weer daar vakansie hou. "
"Mooi en skoon strandjies met baie rotse. Nie die beste plek vir vakansie as jy sukkel om te loop nie. Heerlike eetplekke."
"Kan wel aan die lewensredders sê om meer behulpsaam te wees wanneer die bloublasies kinders steek of brand."