Verified Reviews
Barrydale
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Barrydale
Rated 4.5 out of 5 based on 271 reviews.
"Lekker klein Karoo-dorpie. Die Hotel waar ons aandete by geëet het is absoluut fantasties."
"A number of very good restaurants to enjoy as well as the peace and quiet of a quaint little town."
"Slegs 3 plekke oop saans vir ete met 'n baie klein verskeindenheid van kosse. Barrydale is wel besig met 'n verandering en ons glo dit is ten goede. Daar is 'n nuwe Italiaanse restaurant waar ons gaan eet het en dit was absoluut die beste bediening wat ons ooit gehad het. 100% komplimente aan hulle."
"Soveel om te sien en te doen, Barrydale sien ons weer."
"Had an absolute blast at the Dung Beetle Bar! What a friendly establishment with a variety of entertainment (darts, pool etc). The staff is very friendly. The food is such great value and really good. They make their own burger patties and the chicken schnitzel is something to try. We will definitely support them when in the area again and highly recommend them as a pit-stop!"
"As jy jouself in Barrydale bevind, maak seker jy gaan vir 'n maaltyd by Meze Restaurant, met heerlike kos en 'n gemaklike atmosfeer. "
"Fantastiese dorp met baie gasvryheid. Fantastiese belewenisse daar gehad. Baie dankie!"
"Doen jouself 'n guns en ry deur die dorp, orals is kunswerke te sien op mure, teen geboue en sommer in tuine. Daar is oulike winkels met pragtige en smaakvolle produkte. Ry tot teen die hoogste koppie uit en geniet 'n asemrowende gesig van kleure en geure."
"Barrydale is maar 'n redelike one-horse town - so OK vir 'n middagete of oorslaap maar dis ongeveer dit."
"Eerste besoek aan Barrydale. Pragtige dorpie, sal weer daar stop. Nuwe restaurant, Giuseppe's, was heerlik!"
"Barrydale is stil en rustig maar die omgewing is pragtig en ons het verskeie dag uitstappies gedoen. Daar is wonderlike restaurante op die dorp en die plaaslike kinder Rieldans groepie het ons vermaak by die hotel."
"Was te kort daar om 'n ingeligte opinie te gee. Loop 'n bietjie rond in die dorp. Dit lyk tog of daar hier en daar 'n verrassing kan wees."
"Moeilik om te se want ons het op 'n Sondag in winterseisoen daar aangekom, en amper alles was toe gewees. Die restaurantjies op die Route 62 pad is baie oulik en beslis iets om te besoek."
"Het ons tweede kort kuier hier geniet, maar ek dink nie ons sal gou terug gaan nie, nie omdat iets verkeerd is nie, maar net bloot omdat ons reeds alles gedoen het wat ons wou. Beveel Anton se Boekhuis langs die OK sterk aan, asook die brandewyn-proe by die kelder en dan natuurlik ook 'n milkshake by Diesel & Creme!"
"My oupagrootjie het jare gelede daar gebly. Ek het dit geniet om na die ou geboue op die dorp te kyk en eetplekke langs die pad is uitstekend."