Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"Ons hoop hul reën kom spoedig sodat die natuur ook kan herstel na die lushof wat dit gewoonlik is. Die dorpie is pragtig en die mense vriendelik en gasvry. "
"Heerlik! Jy moet 'n aand die "dorp" se eetplekke en kuierplekke in die straat besoek om die gevoel te kry. Ek het nie een oomblik onveilig gevoel nie."
"Die Boord is nie juis 'n toeristebestemming nie, maar 'n goeie woonbuurt om in te bly as besoeker van Stellenbosch en omgewing."
"Stellenbosch se berge, bome en netheid is pragtig Die gebrek aan parkering en erge vervoerknope is 'n kopseer. Ons het Woordfees baie geniet en die pendeldiens was uitstekend!"
"Pragtige omgewing, met heelwat om te doen. Dit is naby al die mooiste Bolandse dorpe, maar die rustige atmosfeer maak dit 'n rustiger oornagplek."
"As die padwerke en wandelpad eers klaar is, sal dit `n groot verbetering aanbring as wat dit voorheen was."
"Definief 'n uitstekende basis van waar jy die hele asemrowende Slanghoekvallei kan verken!"
"As toeristebestemming word hierdie dorpie hopeloos onderskat. Vermy die hoofdorp op 'n Saterdagoggend en besoek die wynplase vir rustigheid. Sondag is die ideale dag om Kerkstraat te verken, op jou eie of as deel van 'n begeleide toer."
"Tulbagh is 'n besonderse mooi bestemming met die pragtigste uitsigte en vriendelikste mense!"
"Dis 'n baie stil en vriendelike dorpie. As jy lus is vir wegbreek en net ontspan, is dit die area waarheen jy moet gaan. "
"Nie op hierdie stadium nie, want Kusweg en al die ander strate waaraan gewerk word was 'n nagmerrie met al die verkeer, maar glo wanneer dit klaar is sal dit baie goed lyk. "
"Die Paarl bly maar net die allermooiste Bolandse dorp! 'n Moet om te besoek as jy nog nooit daar was nie!"