Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"Ons is wel bekend aan die Strand-area. Altyd lekker om in die omgewing te kuier."
"Stellenbosch and surrounding area offers so much to do, that there is never enough time, but one can always go back for another visit."
"Vriende van my was die Vrydagaand so byna gekap by Klapmuts as hulle nie oplettend was nie so dis 'n bietjie sleg!"
"Rawsonville is 'n pragtige omgewing en absoluut ideaal vir 'n wegbreek naweek of selfs langer tydperk."
"Jammerte dat wetgewing wynplase in die Swartland streek forseer om teen 14:00 toe te maak op naweke (mag nie dan meer drank bedien nie). Dit is tog die hoof aantreklikheid vir toeriste wat dan moet wonder wat om met hulself te doen vir die res van die dag. Ek dink dit kelder beslis die toeristebedryf waarop ons land so staat maak."
"Besoek die wynplase en maak verseker 'n draai by die Saronsberg Teater en Things I Love in die dorp."
"Baie mooi wêreld met die berge, wingerde en ander besienswaardighede, paaie ry lekker."
"Ons het die Murludi Hiking Trail gaan doen. Ons het die volle 10 km gestap. Dit was baie meer uitdagend as wat ons gedink het dit gaan wees, maar definitief die moeite werd! Die uitsig was ongelooflik! Ons het ontbyt geëet by Things I love en ons het baie lekker geëet! Ons kan nie wag om weer Tulbagh toe te gaan nie."
"Sal dit aan almal aanbeveel. 'n Moet vir enige reisiger. Goeie restaurant. Geluk aan die toeriste-organisasie."
"Strand is sentraal geleë t.o.v. die belangrikste besienswaardighede en wynroete. Spitsverkeer is net 'n wesenlike probleem."
"Was heerlik verras met al die winkeltjies en diens van restaurant tot PnP. Alles was pynlik netjies op die rakke. Troue by De Vlok was pragtig. Pragtige kerk!"
"Besoek gerus die Somerset Mall. Die diens is vriendelik die mall netjies, skoon en veilig met a gholfkarretjie vir vervoer indien nodig en baie lekker eetplekke."
"Nee, wens net Johannesburg kan bietjie raad kry by Stellenbosch. Ek was stom geslaan oor dat die verkeer stop vir voetgangers - so lekker en ook baie mooi skoon!"
"Eerste keer dat ons Tulbagh besoek het. Aangenaam verras met die vriendelike mense, pragtige besienswaardighede en geskiedenis van die dorp."