Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"Ons was vinnig in die winkelsentrum om die nodige aan te koop vir ons braai. Die winkels het alles gehad was nodig was. Ons was nie verder in Paarl se winkels nie, maar die wynroetes en die bekende Spice Route en Fairview is is naby die plaas."
"Cafe Felix Restaurant was 'n groot hoogtepunt van ons kuier. Vriendelike diens en heerlike kos geniet in 'n baie ontspanne atmosfeer."
"Dit lyk asof cherries pluk en zipline al is om te doen in Ceres as 'n toeris, maar ek kan die cherries pluk hoog aanbeveel, dit was lekker familie pret."
"Stellenbosch het baie besienswaardighede maar ons hou daarvan omdat dit nie stampvol toeriste is nie, meer rustig as Kaapstad of Somerset-Wes. Die wind was ook nie te kwaai nie, net genoeg om dit effens koeler te hou. Pragtige berge."
"Is mal oor die Paarl. 'n Moet sien is die familieplaaswinkel in die hoofstraat. Dit is cute met alles wat mooi is. Ons kuier daar was absoluut die moeite werd."
"Dis maklik bekombaar. Die klein winkelsentrum het als wat jy nodig het. Dis lekker stil, maar tog naby als. "
"Baie akkommodasie op Kusweg beskikbaar, maar min eetplekke beskikbaar of dan swak bemarking van plekke weg van Kusweg geleë. "
"Ek stel voor al die plekke kry lugreëling aangesien Tulbagh BAIE warm kan word. "
"Goed geleë. Naby alles en heerlike strand om te gaan stap. Saans heerlike koel luggie."
"Ek het grootgeword in Paarl, maar het die dorp sowat 25 jaar gelede verlaat en dis 'n groot plesier om as toeris terug te keer. Baie om te doen en pragtige omgewing. "
"Ons het in 2004 die geleentheid gehad om Stellenbosch te besoek vir slegs een daggie. Maar dit was meer as genoeg om hals oor kop verlief te raak op die besondere plek, die hele streek rondom Stellenbosch is sprokiesagtig mooi en beeldskoon asook die mense se hartlikheid, vriendelikheid en gasvryheid."