Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"Die middedorp is binne loopafstand. Daar is 'n supermark baie naby en Die Boord is 'n stil, rustige area. Vir my doeleinde was dit ideaal."
"Die Tulbagh hotel se diens is uitstekend en hulle kos is uit die boonste rakke. Die res van die dorp bied nie veel nie en die "locals" is vriendelik dog bietjie oorweldigend. Ons was in Tulbagh vir 'n troue en ons vriende wat by ander gastehuis gebly het is in die vroeë oggend ure beroof so soos enige plek maar is moet mens maar op mens se hoede wees. "
"Quaint little town that is a very good example of all small towns in SA. Nothing much to do in town though."
"Oorsese strande kan maar vergeet om by hierdie pragtige spierwit strand te kom. Die weer was lieflik en as die wind waai, vlieg jy 'n kite! As dit reën is die wynplase naby genoeg om lekker te gaan eet en wyn te proe! Baie lekker naby die lughawe en winkelsentrums!"
"Het 34 jaar daar gewoon so is maar lief vir die Paarl...maar Langebaan is nou mooier! Daar is wonderlike besienswaardighede en winkels en restaurant om te besoek tot jy flou val...iets wat ons Weskussers maar mis."
"Ken die Strand van kindsbeen af plus het familie wat daar woon, so dis nou al meer soos huis as toeris."
"Skoonste dorpie wat ek in 'n lang tyd gesien het, sal wat wil gee om daar te bly! Een woord: PRAGTIG!"
"Strand is 'n pragtige plek. Beste is om op die hoofpad te bly sodat jy die son en see ten volle kan geniet."
"Al die mense wat ons in Tulbagh raakgeloop het was so vriendelik en behulpsaam! Dis 'n wonderlike wegbreekplekkie!"
"Pragtige berge en natuurskoon en dan ook is die trambusse 'n moet. Ons was nou al op beide die rooi en blou roete gewees en het dit baie geniet. Sal oor en oor wil teruggaan want Franschhoek is 'n pragtige dorpie met baie lekker eetplekke. Leopards Leap se kos en wyn is uitstekende waarde vir geld."
"Die restaurant kan aan die duur kant wees - maar dit is wel die moeite werd."
"Dit is beautiful, 'n mens voel so veilig om lang ente te stap. Dit was ook baie skoon. Daar is genoeg goed om te doen as die wind waai - en om dan sommer net te sit en kyk na die golwe is ook "stunning"."
"Baie oulikke dorp, met als wat wat ons nodig gehad het. Ongelooflike eetplekkies en stunning uitsigte."