Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 2924 reviews.
"Sutherland se mense is baie gasvry en plat op die aarde! Dit voel of mens tuis gekom het!"
"Dit is baie mooi daar, die motors en vragmorots ry net soos mal goed deur die dorp."
"Enige sterrekyker se droom as dit nie bewolk is nie! Ons het ‘n wonderlike donderstorm ervaar met lekker reën. Jupiter het aangename personeel en deur beurtkrag het hulle ons baie tuis laat voel en lekker geëet!!!"
"Mooie rustige plaats om te bezoeken; prachtige rit naar de nabij gelegen pas door de Swartbergen."
"Die spook-storie Weaver-aand was so spesiaal. Ek sê alle mense moet op die stappie gaan Enigste groot teleurstelling oor Prins Albert is, ek het spesiaal gegaan om na die Donkey Sanctuary toe te gaan. Die mense antwoord nie hulle fone nie en as jy daar buite hul ure kom is hulle ongeskik met jou, 'n ander plek sou sien jy is van ver en plan gemaak het. Ek sal nie weer 'n effort maak om by die Karoo Donkey Sanctuary uit te kom nie."
"Remarkable for its state of preservation. Congratulations to the Town Council for resisting the fast food franchises that so often spoil any sense of history, and create litter. Definitely number 1 in South Africa for cleanliness and character. "
"Toerisme is Prins Albert se tweede grootste bron van inkomste en dit was goed om te sien hoe die dorp se infrastruktuur in stand gehou word. Die dorp is netjies. Twee dames by die toeristekantoor is ingelig en vriendelik. Baie goeie Spar winkel. Ons sal mense aanbeveel om Prins Albert te besoek."
"Baie mooi en skoon dorpie en balsem vir jou siel, nadat ons die Swartbergpas gery het. Mooiste omgewing en rustig."
"Dis definitief 'n móét om te gaan sterrekyk by Sterland op Sutherland. "
"Het deur Seweweekspoort gery, hulle is besig om die pad reg te maak ─ pragtige uitsig."
"Ons het volgende oggend deur Sutherland gestap en bietjie vertoef by soldaat-grafte. Sal graag volgende keer die museum wil besoek. "
"Mal oor Prins Albert - keer telkens terug! Was ook lekker om die park run te doen en die projek te beleef wat die kinders uit die gemeenskap by park run betrek. "
"Baie mooi omgewing, ons het baie nuwe dinge geleer en ervaar, wees net versigtig watter eet plekke gebruik word."
"Beslis die bestemming vir die wat rustigheid verkies en 'n belangstelling in die sterrehemel het. 'n Besoek aan Jurg by Sterland in die aand is ook die moeite werd - baie interessant!"
"Pragtige geboue en dorpie in goeie toestand. Interessante winkeltjies en genoegsame eet- en drinkplekkies."
"'n Moet vir SA se mense. SALT beïndruk met grote, maar stop net daar. 80% van die demonstrasies werk nie. Niks is meer waar nie en word nie op tot datum gehou nie. Nuwe ontwikkelinge word nie bekend gestel nie."
"Beautiful quaint town! Lots to do and see with gorgeous homes all over the show."
"Sutherland het baie vriendelike mense. Sorg dat jy vroegtydig besprekings maak om na die sterre te gaan kyk."
"Pragtige dorpie en heelwat om te doen (Gay's Guernsey Dairy, museum, galerye, lekker restaurante). Salig om deur die dorp te stap, met sy mooi watervore. "
"Food in town exceeded expectations. Great lunch at lazy lizard with outstanding homemade bread. Dinner at Art gallery (recommendation by lodge) has inspired menu and wine choices."
"Oulike dorpie met ryk geskiedenis, lekker restaurante en nog baie meer wat ons wil sien daar."