Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 2924 reviews.
"Baie netjiese en skoon dorp met 'n verskeidenheid van besienswaardighede."
"Behulpsame en gawe mense. Baie dankie aan Gerfie van Wyk wat ons 30km voor Sutherland met 'n pap wiel gehelp het. "
"'n Klein dorpie met 'n enorme toevoeging tot kennis en insig, vaardighede en nog wat."
"Vreeslik aangenaam verras deur Prins Albert - soveel karakter en skoon, netjiese strate. Heerlike atmosfeer en uitstekende restaurante! Lieflik ook vir fietsry en stap! Definitief aan te beveel!"
"Prince Albert is a beautiful little village at the end of the Swartberg Pass. Choose your season carefully, as it can be very hot and dusty in summer time and apparently very cold in mid-winter."
"Lyk na 'n interessante dorp, ons was Sondagmiddag daar en al die mooi plekke was reeds toe."
"Lieflike dorp en omgewing met so baie om te doen. Ons het vir drie nagte bespreek, maar aangesien die addisionele verblyf ekstra kostes beloop het, kon ons Prins Albert net een nag bekostig. Die dame wat ons by die inligtingskantoor gehelp het, was uiters behulpsaam (dit was reeds 17:00, sluitingstyd). Sy het SMS'se aan moontlike akkommodasieplekke gestuur en gewag vir antwoorde, totdat ons geholpe was."
"A wonderful little dorp with interesting places to visit: the Karroo Donkey Sanctuary, the O for Olive Farm, the Weltevrede Fig Farm, the Prince Albert Museum, Lah di dah (a fancy) Farm Stall & other eateries. You step back into the 19th Century on walks through the town with many quaint dwellings. We just love it! "
"'n Besondere toeriste bestemming met 'n uitstekende museum! Sal altyd weer wil teruggaan. Swartberg hotel se etes is onverbeterlik."
"Have been there several times and every time something new. A dinner at the Swartberg Hotel is a must!"
"Ladismith het maar nie veel om te doen behalwe 'n paar wynkelders/koffie winkels nie. As jy op 'n vakansie is waar jy daagliks iets wil doen stel ek 'n ander toeristebestemming aan."
"Prins Albert is 'n pragtige dorp, maar gaan tans baie swaar gebuk onder die droogte. Die dorp is nie mooi op die oomblik nie, maar sal altyd 'n bekoring inhou."
"Die bekoring van Ladismith is die sjarme van die dorpie, sonder om toeristerig te wees. Dié plek sien ons beslis weer!"
"Hoop ons kan volgende keer iets te siene kry by 'The Showroom'. Só 'n baie oulike aanwins vir Prince Albert. "
"Baie potensiaal! Observatory besoekersentrum kort 'n plek waar mens kan koffie drink. Planetarium in Sutherland is fantastiese ervaring."