Successfully reported

Verified Reviews

Cape Karoo

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Karoo

Rated 4.5 out of 5 based on 2924 reviews.

Sutherland, Cape Karoo

Stellar Dust previously The Blue Moon

"Almal gaan na Sutherland om sterre te gaan kyk. Dit is iets besonders om te sien. Nie te ver van Matjiesfontein om vir die dag deur te ry en daar te gaan kuier. Moet bereid wees om bietjie grond pad te ry afhangende van waarvandaan jy in die dorpie in kom. Dorpie is ook ook ryk aan geskiedenis wat nie misgeloop kan word nie."

Prince Albert, Cape Karoo

Swartberg Hotel

"Daar is nog baie oor om te doen wanneer ons weer teruggaan. Vier dae was nie genoeg nie."

Prince Albert, Cape Karoo

Swartberg Hotel

"Sal nog tyd wil bestee om alles te beleef."

Cape Karoo

Verlatenkloof Guest Farm

"Sutherland se weer is baie onverwags dus kan voorafgaande reëlings partykeer nietig beskou word. Bv. wou ons die aand toer doen by die sterrewag, weervoorpellings het 'n skoon aand aangedui. Toe dit nou sulke tyd is dat mens moet begin ry toe is alles toegetrek, om eers baie later die aand weer oop te trek. Was taamlik teleurgesteld! Die omgewing is pragtig wel! Het nie veel tyd op die dorp spandeer nie."

Cape Karoo

Gelukshoop Cottage Tankwa

"As jy 'n pragtige en rustige plek soek om weg te breek is dit die plek."

Ladismith, Cape Karoo

Die Veldhuis @ Vyver's Rus

"Die seweweekspoort is mooi."

Prince Albert, Cape Karoo

The Olive Thrush Cottage

"2 dae in Prins Albert voel soos 'n week weg."

Prince Albert Road, Cape Karoo

Wolvekraal Guest Farm

"Dit is 'n pragtige, vriendelike dorp en daar is baie uiteenlopende aktiwiteite om van te kies. 'n Weggesteekte juweel van die Karoo."

Prince Albert, Cape Karoo

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Die veiligheid en rustigheid verdien genoem te word behalwe natuurlik die skoon en netjiese omgewing."

Matjiesfontein, Cape Karoo

Rietfontein Private Nature Reserve

"Matjiesfontein is definitely worth a visit. Great to see all the Victorian buildings and stunning furnishings and the old vehicles. To admire, stay at or eat at the Lord Milner Hotel, have coffee and delicious cake at the Coffee House and browse around or purchase an item at the Gift shop or visit the Transport Museum. It's like going back in time. "

Laingsburg, Cape Karoo

Hillandale

"Baie lekker geëet by die plaaslike restaurant."

Sutherland, Cape Karoo

The Whitehouse Inn

"Klein dorpie. Het gekom om die SALT te sien."

Prince Albert Road, Cape Karoo

Wolvekraal Guest Farm

"Die dorp het so baie om te doen! Ek het my hare laat sny, park run gedoen, Saterdag 'n markie bygewoon, plaaslike fliek bygewoon en liplekker pannekoek geëet! Almal is so vriendelik in die dorp! Prins Albert het vinnig in my hart gekruip."

Prince Albert, Cape Karoo

Lavenders

"Wonderlike gasvrye bestemming."

Sutherland, Cape Karoo

Sterland Annex

"Die inwoners van Sutherland is vriendelik en behulpsaam."

Sutherland, Cape Karoo

Blydevooruitsig Guesthouse

"Fantastiese skoon lug, vriendelike mense, rustig! Waarde vir geld."

Prince Albert, Cape Karoo

Bay Leaf Self-Catering Guest House

"Die klein dorp karakter het behoue gebly, wat dit rustig en aangenaam maak."

Sutherland, Cape Karoo

Sterland Annex

"Die beste plek om ons sterrehemel in sy volle glorie te ervaar."

Sutherland, Cape Karoo

Blydevooruitsig Guesthouse

"Wat 'n wonderlike en rustige Karoodorpie! Ons sal enige tyd weer teruggaan. En om die sterre daar te sien is die mooiste op aarde!"

Cape Karoo

Blesfontein Guest farm

"Die Karoo is pragtig. Sal daar wil bly."

Cape Karoo

Gannaga Lodge

"Tankwa Karoo is wonderlike bestemming, veral omdat dit so na aan Kaapstad is."

Prince Albert, Cape Karoo

By-Die-Koppie Guesthouse

"Dit was ons eerste besoek aan daardie omgewing en dus was elke oomblik iets nuut en `n groot ervaring!"

Cape Karoo

Holhoed Overnight Accommodation

"Baie mooi omgewing met uitgestrekte vlaktes en interessante geologiese formasies."

Prince Albert, Cape Karoo

Karoo Khaya

"Pragtige dorp. Ons het al verskeie kere hier besoek afgelê omdat dit so 'n mooi en goedversorgde en netjiese dorp is. Ons vertrou dat die dorpsbestuur daarin sal slaag om die plek so mooi en netjies te hou. "

Sutherland, Cape Karoo

Alpha

"Dis 'n mooi skoon dorpie met hope bekoring (en 'n munisipaliteit wat werk)."

Ladismith, Cape Karoo

Red Rock Cottage

"Mooi omgewing en interessante dorpie, maar daar is nie baie toeristebestemmings op die dorp self nie."

Sutherland, Cape Karoo

Sterland Skrywershuisie

"Pragtige, skoon dorpie! Gastehuise en eetplekke te kies en te keur. Die sterrewag, die lesing oor sterre en planete by Jurg Wagener,die skoon lug en ongelooflike helder sterrehemel, het dit n onvergeetlike ondervinding gemaak. Die rit oor die Oubergpas is 'n moet! "

Page
Page 81 - Showing 2401 to 2430