Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 3515 reviews.
"Ladismith het maar nie veel om te doen behalwe 'n paar wynkelders/koffie winkels nie. As jy op 'n vakansie is waar jy daagliks iets wil doen stel ek 'n ander toeristebestemming aan."
"Die dorp kom voor asof dit nie juis 'n geskiedkundige agtergrond het nie, behalwe die NG Kerk is daar geen ander van soortgelyke aard nie. Die besoek aan Boplaas was 'n teleurstelling, met geboue en kafee nie op dieselfde standaard in vergelyking met ander soortgelyke fasiliteite in die bedryf nie. "
"Robertson as dorp het ons voete onder ons uitgeslaan. Ons het lanklaas 'n klein dorpie in SA gevind wat so op die bol is soos op Robertson. Die dorp het baie gegroei sedert ons 4 jaar gelede by Bourbons gaan eet het. Die Spar was 'n belewenis en 'n lushof om by te gaan inkopies doen. Postnet se koffieplekkie en kreatiewe uitleg is pragtig. De Bakkerij is kreatief en oulik! En dan het dit ons opgeval hoe mooi die meeste van die dorp se huise versorg en gerestoureer is om by die boustyl van die dorpie te bly. Die imposante gebou van Four Cousins restaurant het my erg beïndruk en die Sondagmiddag atmosfeer was vreeslik lekker! Net jammer daar was nie genoeg tyd om by al die koffiewinkels en wynplekkies te gaan inloer nie. Selfs die Hospice winkel het beïndruk. Baie dankie. Ons kom weer kuier!"
"Bonnievale moet een van die eerste plekke wees waar jy 'n naweekwegbreek uit die stad gaan soek! So baie opsies vir verblyf en aktiwiteite rondom die Breërivier."
"Pragtige juweel van 'n klein dorpie baie interessante mense, plek om wel te gaan eet by is Farmers Table, kos was vars en goed voorberei met persoonlike aandag, klein restaurant wat ek hoop nog daar sal wees as ons weer gaan."
"Die bekoring van Ladismith is die sjarme van die dorpie, sonder om toeristerig te wees. Dié plek sien ons beslis weer!"
"Lekker rustige plekkie as jy wil afskakel en wil wegkom van die stad se gedruis. "
"Dis 'n pragtige dorp en omgewing - Sal definitief weer besoek en verder verken."
"Rustig dorp met enkele leuke eetadresjes. Aanrader een maaltijd in het wijnhuis De Krans"
"Die dorp is 'n uitstekende toeristebestemming, net jammer die droogte is besig om sy tol te eis. "
"Restaurant waar ons geëet het 22 Church Str uitstekend. Mense van Montagu baie vriendelik. Het Niel van Niel se Huiswinkel ontmoet was baie baie vriendelik en het uit sy pad gegaan om my Engelssprekende familie by te staan. Baie dankie."
"'n Dorpie waaroor tyd ongesiens verbygegaan het. Maak tyd om die besondere plekkie te ontdek en te geniet."
"'n Pragtige dorpie en het ons heerlik by die Ole Tavern Restaurant geëet. "
"Dit is my geboortedorp en die plek het so baie goeie veranderinge. Dit is waarlik 'n pragtige dorp."
"Dit is opvallend hoe skoon die dorp is. Die inwoners van Ceres kan trots wees. Die natuur is asemrowend."
"Small town but perfect for a quick trip or starting point for the outdoors. Some nice quaint cafes and restaurants and typical Cape Dutch architecture all around."