Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Lovely. Lots to do, not overly expensive, friendly people. Great views, great scenery."
"Die parke het baie boemelaars wat rond lê en oor die algemeen is Kaapstad baie skoon, maar die parke word nie in stand gehou nie. "
"Vir 'n gesin met klein kindertjies is Strand meer as ideaal. Ons gesin is mal oor Strand. "
"Stil en veilige woonbuurt. Naby winkels, restaurante en wynplase. Naby genoeg aan snelweg, om enige plek toe te gaan."
"Ek ken nie die volle area nie, maar waarlangs ek al gery en gestap het was dit veilig."
"Green point is a very save and clean area with every thing in a walking distance."
"Kindervriendelike strand en see. Vriendelike mense. Dankie vir julle gasvryheid. Een uitdaging is die verkeer. "
"Beach, blue flag status. Highly recommended. Kite surfing paradise. Everything in walking distance and save and clean environment. "
"Die strand was so bietjie vuil met plastieksakkies en rommel wat so rond gewaai het nadelig vir ons seediertjies. "
"Dit was bietjie winderig die paar dae wat ons daar was. Heerlike groot strande en gemaklike sypaadjies langs die strand - veral omdat een van ons groep in 'n rolstoel was."
"Durbanville is gerieflik geleë om alles wat die Kaapse Metropool bied - van Tafelberg, Kaappunt en die see tot eksotiese wynplase en ander attraksies - gemaklik te kan besoek en steeds buite die stadsgedruis te wees indien die toeris verblyf in Durbanville bespreek."
"Die Strand is 'n pragtige strand en is naby aan soveel besienswaardighede in die Kaap. Uitstekende ligging vir rondry in die Kaap."
"Bellville is beslis 'n toeristebestemming. Daar is baie om te doen. Tygervallei winkelsentrum is lekker naby."
"Goed geleë om die hele Kaapstad en omgewing te kan besoek in n' ander rigting op 'n daaglikse basis."
"Hierdie is nie ‘n swemstrand nie, jy kan ook nie regtig op die strand lang ente loop nie, gaan Durban toe as jy lekker swemstrande soek. Die uitsig van Tafelberg is asemrowend en die kite surfers oor ‘n naweek maak dit die moeite werd."
"Pragtige plek waar jy sielsrus vind na 'n besige jaar of selfs as jy te ooreis voel en blaas kans nodig het. Is hierdie spesiaal vir jou!"
"Pragtige omgewing. Die dorpie is 'n lushof, met berg en see bederf. 'n Besoek aan die omgewing moet op almal se emmerlys wees."