Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Moet aandag gee aan informele behuising teen berg. Skep 'n swak indruk en doen afbreek aan area. Veral die betogings wat daar was met ons verblyf. Kos en eetplekke uitstekend."
"Ons is altyd lief vir Muizenberg tot Simonstad. Die strande en strate was skoon, geen Rommel wat rondlê nie. Skoon omgewing is vir my teken van beheer en sekuriteit. Ek sal vinnig onveilig voel as plekke nie skoon is nie."
"80% van die restaurante is geheel en al te duur. R45 vir 'n glasie wyn by een. Die wyn en vis is maklik bekombaar daar, maar ten duurste. Ons betaal goedkoper vir wyn en vis in Noordwes waar ons die goed moet invoer."
"Trappe na slaapkamer op tweede vloer kort dalk addisionele handreling vir ouer en swaarder mense op trappe veilig te kan gebruik."
"Brackenfell is 'n woonbuurt uit die gewoel van die stad, maar naby aan hoofpaaie sodat 'n mens maklik by toeristeaantreklikhede kan uitkom."
"Kan er moeilijk over oordelen, want wij waren er maar voor 1 nacht en hebben niet veel van Milnerton gezien."
"Brackenfell is stil, het 'n pragtige uitsig in die rigting van Kaapstad en dit is naby genoeg aan goeie restaurante en inkopiesentrums."
"Goed geleë en binne 'n goeie afstand van als wat ons wou doen."
"Vir ons behoeftes was dit goed en sentraal geleë. Sal dit aanbeveel as toeristebestemming, afhangende waarnatoe toeriste natuurlik wil gaan."
"Ons het 'n paar jaar gelede gewoon in Durbanville en dit is altyd ons plek van keuse wanneer ons Kaapstad toe kom."
"Century city is baie sentraal en toeganklik van alle kante af. Ons hou van die kanale en en die stap roetes daar om. Bonus is die groot winkel sentrum vir die wat hou van inkopies of net rondloop in die "mall". Hier is baie vir oud en jonk om te doen."