Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Meer sigbarepolisie is altyd welkom veral langs strate na die seefront vanaf vakansie woonstelle. Toeriste wat in die Strand oorbly kan dan te voet die dorp verken wat veral in die hoogseisoen die verkeersdruk kan verlig."
"Ek bly gereeld in de Waterkant so die area is vir my bekend en 'n wonderlike blyplek om die eetplekke te geniet en sentraal geleë om die Kaap te ontdek."
"Beautiful and convenient location; close to the beach, False Bay and the city."
"Bloubergstrand baie sentraal. As jy net die see wil hoor nie die plek vir jou nie, verkeer baie besig 24/7. Tafelberg uitsig met die mooiste sonsondergang."
"Bietjie deurmekaar met verkeer gewees in Strandstraat agv werk wat gedoen word op sypaadjie. Dit is te verstane omdat die plek verbeter word en mooi gaan lyk as dit klaar is. Daar is darem ompaaie om te ry."
"Houtbaai is 'n pragtige plek met baie eetplekke om van te kies, asook genoeg winkels vir gerieflike inkopies doen. Dit is ook sentraal gelee."
"Kaapstad self is die toeriste aantreklikheid met Tafelberg, die kusplekkies; veral Kaappunt en die historiese voorstede. Bellville is egter nie te ver geleë van hierdie toeriste aantreklikhede nie. Daar is egter groot winkelsentrums binne maklike bereikbare afstand van Bellville soos Tygervallei en Canal Walk."
"Daar is 'n redelike verskeidenheid van winkels beskikbaar in Seaside Village kompleks om die meeste van jou behoeftes te bevredig. Net jammer Checkers was besig met opknapping met die gevolg dat die winkel redelik deurmekaar was.Ons net nie regtig die geleentheid gebruik om meer van die Big Bay omgewing te leer ken nie, tyd was te beperk."
"Tuine is baie sentraal in Kaapstad geleë en ons kon lekker rondstap na restaurante en winkels. Die area is veilig en netjies."