Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"As jy Strand as 'n basis gebruik om die Wes Kaap te beleef is dit baie ideaal. Nie te ver om elke dag te ry nie. Bekostigbaar met die see as bonus. Egter baie boemelaars beleef wat jou werklik onveilig laat voel as jy op die strand stap in die laatmiddag. Stap op die strand in die aand onmoontlik. "
"Catch 22 restaurant het vir ons n smaakvolle, goed geprysde aandete gebied!"
"Al lê Plattekloof naby die N1, is die area ryk aan groot bome wat die klanke van die hoofweg verbloem. Dit is 'n netjiese, skoon en stil woonbuurt. As toeristebestemming is dit 'n goeie area om saans uit te rus en te ontspan. Of jy nou die stad met al sy bekoorlikhede soos Tafelberg of die strande van Blouberg, die wynplase van Stellenbosch en die Paarl will besoek, of jou dae in Canal Walk wil deurbring, alles bly stapafstand."
"The beach in Strand is flat and sandy, ideal for long walks and runs. Also ideal for older visitors who don't like hilly and stony beaches. Although there is not much to see and do in Strand, it is centrally situated to other places of interest such as Hermanus, Stellenbosch, Somerset West, etc. "
"Behalwe die fantastiese strand is daar heelwat om te doen in en om Kommetjie. Ek beveel Kommetjie se pizzas en Scarborough se Hub Cafe aan."
"Stappers se paradys en voel veilig om te gaan stap omdat baie mense dit doen. Naby Kaapstad en ander strande."
"Mooiste strand, sonsondergange en Ilhas Pub se cajun calamari is voorwaar die beste ooit en absoluut waarde vir geld. Baie veilig en op die publieke busroetes met billike pryse."
"Sekerlik een van die mooiste residensiële omgewings in die land met interessante historiese besienswaardighede. Goed toegerus met uitstekende winkels, restaurante, ens."
"Fantastiese bestemming. Daar is tot Augustus 2017 bouwerk op die strand en dit is steurend. "
"Die konstruksiewerke oorkant die pad het bietjie lawaai, maar is seker hulle is darem amper klaar."