Verified Reviews
Cape Winelands
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Winelands
Rated 4.6 out of 5 based on 5609 reviews.
"Stellenbosch as a whole is a pricey place to stay and we would visit more often if the costs were more reasonable."
"Die omgewing en die besienswaardighede maak op vir die negatiewe punte. Spice Route en Fairview is 'n miernes van bedrywighede oor naweke maar 'n groot aantrekkingskrag. Bona Vista is letterlik binne bereik van Stellenbosch, Malmesbury, Riebeek-kasteel en ander dorpies/wyn plase, ens."
"Die middag van 29 Oktober het ons daar deur gery, die meeste van die plekke was toe gewees. Dit wil voorkom of die dorpie besig is om dood te loop."
"Montagu is pragtig klein en rustig. Besoek Montagu as jy bietjie wil terug stap in tyd en jou dae rustig wil spandeer tussen die mooi huisies, tuine en berg-uitsigte."
"Baie rustige dorp met baie plekke om te kuier sowel as die gasvryheid van die Paarliete."
Stellenbosch Central, Cape Winelands
Sonsig"Beste en netjiesste dorp in Suid-Afrika; vriendelike mense en skoon strate."
"Ek het nie gegaan om die dorp te verken nie, en vandaar die gemiddelde 3 sterre. Het vlugtig die plaaslike supermark besoek, en wat ek in en om die besigheidsarea gesien het was baie skoon, rustig en 'n aangename ervaring."
"Robertson is 'n baie mooi dorpie met vriendelike mense. As jy van wyn en lekker kos hou, dan is dit die plek vir jou."
Stellenbosch Central, Cape Winelands
@ stellenboschcentral"Sentraal sê alles. Loopafstand van alles af."
"Puik plek om te besoek, baie te doen en te sien, eetplekke van te kies en te keur. Protea farm trekker en potjiekos is puik. Sal weer gaan."
Stellenbosch Central, Cape Winelands
The Black Horse Accommodation"Geen parkering naby enige plek wat jy wil besoek nie. Verder is dit lekker om in rond te stap en al die eetplekkies te besoek of net foto's te neem."
"Oulike dorpie. Nice restaurante. Van Loveren besoek op die Saterdag. Sal Robertson weer besoek. "
"Vriendelike mense in ‘n pragtige dorp wat deel van Route 62 is. Plattelandse gasvryheid is hier aan die orde van die dag. Splash of Pink met Paul Renè MCC was heerlik! Ons is volgende jaar terug!"