Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3984 reviews.
"Clarens is 'n baie mooi dorpie, hier is baie om te doen, en as jy nie iets wil doen nie, is dit die rustigheid vanself. Ons sal weer kom kuier."
"Fantastiese toeristebestemming, sal definitief weer Clarens en Old Mill Drift gaan besoek."
"Heeltemal overrated wat die dorpie betref. Die winkeltjies is niks besonders nie en buitensporig duur. Die omgewing en natuurskoon is egter fantasties."
"Pragtige dorpie, sal beslis weer wil besoek, maar vir langer periode. Supermarkfasiliteite is beperk en duur. Ons besoek was oor die Oujaar- Nuwejaar-periode en die dorp was tjok-en-blok vol bespreek en besig, maar algemene netheid van geboue en strate kort beslis aandag om sy status van Dorp van die Jaar gestand te doen."
"Kort net 'n goeie kruiderniersware winkel soos 'n Spar of Woolworths, maar gelukkig is Betlehem nie te ver nie. "
"Awesome plekkie. Kan nie wag vir Julie-maand om Clarens weer te besoek nie. Hopelik lê daar wit kombersies oor die berge. Lieflike natuur reg rondom."
"Clarens is n pragtige, klein dorpie met wonderlike mense. Laat mens dadelik tuis voel. Soveel om te doen, veral as jy hou van die natuur. "
"Pragtige, ongerepte dorpie met wonderlike natuurskoon en baie besienswaardighede. Baie vriendelike gasvryheid waar jy kom. "
"Lieflike, ongerepte dorpie met alles wat jy nodig het om gerieflik en rustig te kuier. Ongerepte natuur en baie plekke te besigtig sommer naby. "
"Ons kom gereeld Clarens toe en dis 'n ideale naweekwegbreek van Johannesburg af. "