Verified Reviews
Dwarskersbos
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Dwarskersbos
Rated 4.7 out of 5 based on 391 reviews.
"Pragtige klein dorpie met vriendelike mense. Laaiplek se Spar is meer as wat jy nodig het. "
"Dis 'n rustige Weskusdorpie met onbeperkte stap en swem strande, afgerond met die pragtigste sonsondergange denkbaar."
"Baie rustige vissersdorpie. Ideale plek om te gaan rus as jy wil wegkom van die besige stadslewe."
"Dit is net een van daardie bestemmings wat alles het. Skoon strande en genoeg in omgewing om te doen."
"Lekker klein dorpie. Lekker mense. Die plaaslike kafee se eienaars kan net bietjie meer moeite doen om te probeer vriendelik wees. "
"Dwarskersbos is idyllic - so peaceful and soothing to one's soul! I love the Greek style white houses, low walls, no need for excessive security, no through traffic and friendly residents. Definitely a favourite place in South Africa for me!"
"Dwarskersbos is sentraal geleë en rustig die strande is heerlik en glad nie bedrywig nie ons het 'n fees gehad."
"Ongelooflike strand, skoon. Lekker stil. Ideale bestemming vir 'n rustige terugkeer na normaal."
"Dwarskersbos is heerlik rustig en ryafstand van alle besienswaardighede. 10 dae gebly en het elke dag iets anders gedoen van die oggend en eers laat teruggekeer in die aande. Stapafstand van die strand af en kon lang ente gaan stap in die oggende en in die aande."
"Dis in die hartjie van die Weskus, naby verskeie ander strande met goeie seekos, bekostigbare pryse en gasvrye, dier-vriendelike weskus gemeenskap. 'n Ware stukkie paradys."
"Dwarskersbos is ongerep met pragtige lang strande. Die hotel in Laaiplek bedien vars seekos sowel as standaard items."
"Ek ken Dwarskersbos al sedert my kinderjare. Die nuwe Dwarskersbos soos mens hom vandag beleef, is nou maar net nie dieselfde as vroeër jare nie, maar nouja, mens moet maar met veranderende tye saamleef."