Verified Reviews
Dwarskersbos
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Dwarskersbos
Rated 4.7 out of 5 based on 391 reviews.
"Dwarskersbos has the most beautiful beach. Safe for swimming at low tide, the beach is clean and natural. They also have this amazing little Mini Market cafe where you can buy food provisions and little gifts. It is also about half an hour's drive from Elandsbaai and is very close to Laaiplek and Velddrif."
"Die dorpie is stil, die strand nog stiller, en was perfek om my woefies vir wandelinge te neem, selfs sonder hulle leibande. "
"Dwarskersbos het die lekkerste en veiligste see in die Weskus. Eg Weskus soos ek daarvan hou. Hoop nie dit raak ooit besiger nie."
"Die strand is naby, veilig en kilometers lange wit sand waarop jy selfs met 'n stootkarretjie kan stap. Die dorpie stil en rustig. Ek sal dit beslis aanbeveel vir dié wat wil gaan afskakel en net lekker rustig wees. "
"Dit het asemrowende mooi strande wat nie gepak is met mense nie. Veilige see vir kinders. Ontmoet vriendelike interesante mense, net die plek om van stads gejaag af te ontsnap en te ontspan. Nog "ou" wêreldse skoonheid. Baie mooi plekke om te sien en dinge te doen."
"Lieflike en rustige plek, perfek vir 'n familie-uitstappie en net reg vir 'n wegbreek uit die bedrywige Kaapse stadsgedruis."
"Dwarskersbos is 'n heerlike strand om vakansie te hou. Modern maar tog nog ongerep in die natuur."
"Rapsie te ver vanaf Durbanville vir ons - weer nie altyd so lekker nie (soos toevallig die naweek toe ons daar was) - baie rustig buite seisoen - mooi plekkies om te sien en doen in naby geleë dorpies - tipiese Weskus atmosfeer."
"Dit is vir mense wat nie mense wil sien nie en die stillte wil geniet. 'n Oulike winkel wat die lekkerste goedjies verkoop wat net so vriendelik is. Die eetplekkie was net so vriendelik en die kos was smaaklik."
"Heerlike, rustige dorpie. Die strand is erg vol skulpe wat dit moeilik maak om daar te loop."