Verified Reviews
East London
All reviews have been left by TravelGround customers staying in East London
Rated 4.1 out of 5 based on 351 reviews.
"Gonubie is 'n uitstekende vakansiebestemming. Ons het na Oos-Londen gery vir 'n daguitstappie, maar was baie teleurgestel oor die algemene swakkerige toestand van die stad."
"Gonubie en ander gebiede soos Morgansbaai baie aangenaam, maar Oos-Londen vuil en verwaarloos. Sal verseker nie daar gaan bly nie."
"East London city is run down and stuck in a time warp. There has hardly been any development in the city since I left in 1978."
"Nie Oos-Londen self besoek nie, maar beslis baie om te sien en te doen volgens info."
"Ek hou al die afgelope 26 jaar vakansie in Gonubie. Wil op geen ander plek gaan vakansie hou nie. Die karavaanpark word tans opgeknap wat 'n bonus gaan wees. Net nie seker van die "dining hall" wat daar gebou is nie. Kampeerders gaan nie van 'n lawaai oor Desember daar hou nie."
"It ia very far but also beautiful. I loved every moment of my time there. It wasn't overcrowded at all."
"Oos-Londen is baie mooi, groen maar baie potholes en robotte wat stukkend is. Ons het by vriende gekuier die Saterdag by Buffallo Park en ons het dit geniet. Sal weer Oos-Londen toe kom en langer bly om als te sien wat Oos-Londen kan bied. "
"Maak jou reg vir wind en 'n wonderskone omgewing! Doen moeite om die area te verken, daar is baie oulike staproetes!"
"Vir my was dit die skoon strande in Oos-Londen. Ek en my vrou het ons tydjie terdeë geniet. Ons sal beslis weer in Oos-Londen kuier."
"Die weer was nie so aangenaam nie. Die paaie het verbetering nodig met al die slaggate! Maar ons het vir die familie gaan kuier en dit was wonderlik. Baie dankie."