Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 10323 reviews.
"Ons was beïndruk met die promenade waarlangs ons veilig kon gaan stap, en wat netjies en skoon gehou word."
"Dit is 'n besondere mooi dorp. Sal nie omgee om self daar te bly nie."
Chintsa (Cintsa), Eastern Cape
Schafli Manor"Het aanvanklik net gesukkel om uit te werk hoe die eetplekke werk, maar as jy dit eers verstaan dan gaan dit sommer baie makliker. Het baie van die Village Bistro se kos en diens gehou. Dit is waarlik 'n heerlike plek om te kom afskakel en jou batterye te kom herlaai."
"Moet minstens 'n dag en meer aafstaan vir al die toeriste-aantreklikhede."
"Cape St Francis walks were a highlight with crashing rocks and stunning beaches."
"Veilige lieflike strand, naby 'n lagoon, wat gesorg het vir heerlike sorgvrye ure vir ons gesin. Skoon strand, en mooiste blou water! "
"Dit is 'n wonderlike en interessante dorpie. Ek sal weer kom kuier en langer tyd daar wil spandeer."
"Ek sou graag by Bluewater Bay Inn wou gebly het soos wat ek bespreek en betaal het voor. Ongelukkig was daar skade aan die plek gerig die aand voor my aankoms. Die eenheid waar ek oorgebly het was steeds aangenaam, alhoewel ek ongemaklik was oor die sekuriteit vir my voertuig. My voertuig kon wel binne die erf parkeer het, maar nie binne 'n motorhuis soos gevra was by Bluewater Bay Inn nie, al was daar 'n motorhuis op die perseel, maar nie vir voertuie se gebruik nie. Ek wil nie aanstoot neem nie, maar ek was ongemaklik oor die risiko dat my gehuurde voertuig nie die voldoende sekuriteit kon geniet het waarvoor ek oorspronklik betaal het nie."
"Die dorp en die omgewing baat by die landbou (sitrusverbouing) , soos die meeste dorpe in Suid-Afrika! As landbou swaarkry, kwyn die dorpe ook mettertyd. Kirkwood is in die mooi Sondagsriviervallei en beslis 'n besoek werd."
"Graaff Reinet is gevul met kultuur en geskiedenis. Gaan eet gerus by Pioneers aandete. Was heerlik. "
"As jy die kortpad na Oviston toe ken dan is dit nie ver nie maar as jy nie die pad ken nie kan dit nogal 'n ent word om af te lê vernaam as jy moeg gereis is."
"Reasonably clean and neat. Here and there people who litter on the beach, but one gets that everywhere in SA. Lovely sidewalks for walking and benches for sitting - great idea."
"Dit is a juweel in die Karoo! Sal dit hoog aanbeveel vir enige iemand wat ooit deur die Karoo reis."