Verified Reviews
Elephant Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Elephant Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 1204 reviews.
"Algeheel het al die restuarante in die dorp ons baie goeie diens en top gehalte kos voorsien. Reef & Dune Rest. Die Visserman - Wonderlike ontbyt en visvang charters. Fishermans - Jou vars seekosrestaurant, bietjie weggesteek reg by die Engen. Die strand was vuil en vol glasstukke. Die dames wat onder die bome gesit en niks doen het nie, het vir my gesê hulle werk vir Parkeraad en maak skoon. Dit was 'n klug. Daar kan meer gedoen word om van die staats-instansies mooi en beter plekke te maak."
"A great place to stay which is in close proximity to many interesting activities. "
"Very limited quality food offerings from the restaurants. Those restaurants that we visited, the hygine and the food quality was below the average."
"St Lucia is stunning, clean and friendly. I would definitely recommend going there on holiday."
"Ver gery, diere was skaars, darem 3 van Groot 5 gesien. Na al die reën was die bos baie dig, so het dierekyk bietjie moeiliker gemaak."
"Ek was nog altyd baie lief vir St Lucia. Suidkus sien my nooit weer nie, My kêrel het ook gesê ons sal eerder terugkom St Lucia toe. Mense is vriendelik en mens kan sien hulle is lief vir hulle dorpie. Dis skoon en netjies. Ons hoop nou net die varswaterriete gaan begin dooi sodat dit weer mooi oop is. Baie dankie vir 'n lekker wegbreek. Ons sal definitief weer terugkom."
"Pragtige plek. Sal beslis weer kom. Ons tyd was te kort. Ons het tot 'n seekoei en haar kalf een aand in die dorp aangetref. Dit was fantasties!"
"St Lucia self het baie agteruit gegaan. Baie winkels het toegemaak, en die krokodilplaas is verwaarloos en kort aandag. Dit was eintlik hartseer om dit te sien."
"Love the little town of St. Lucia! Shops are walking distance and the restaurants are all top class! The ski-boat club worth a visit for the best pizza's in town! Close to Cape Vidal for a day visit and a visit to the Wetland park is a must! "
"Ons is mal oor St. Lucia, dit is by vere een van my gunsteling bestemmings in Suid-Afrika!"
"Is al vir jare ons gunsteling vakansieplek. Baie rustig en veilig, die kinders kan rond loop. Strand is nie gepak vol mense nie."
"Jammer vir die reën, anders kon ons meer gedoen het. Puik vakansiedorp en die strate was skoon."
"Maak seker jy werk ekstra geld in jou begroting in vir dinge wat jy daar wil doen en sien. As jy besluit om Cape Vidal toe te gaan, neem maar eet- en drinkgoed saam, daar is nie meer 'n winkeltjie binne nie. Die enigste winkel daar naby, is voor jy ingaan. Wanneer jy uitgaan neem hulle jou betaalstrokie terug, so jy kan nie weer teruggaan as jy eers uit is nie."
"Ons het heerlik gekuier in St Lucia afgesien van die blyplek wat 'n teleurstelling was. Dit het heerlik gereën en ons het lekker dinge gedoen."