Verified Reviews
Escape From Johannesburg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Escape From Johannesburg
Rated 4.2 out of 5 based on 8862 reviews.
Hartbeespoort, Escape From Johannesburg
Banana Coves"Jammer die dam is vol assinte, mens kan nie eens sê dat daar 'n dam is nie."
Menlopark, Escape From Johannesburg
Menlo View Guest Rooms"Ons sal beslis in die toekoms weer van hulle dienste gebruik maak."
Montana Park, Escape From Johannesburg
Chapter One Overnight Cottage"Baie oulik. Iets van alles sommer naby."
Kameeldrift East, Escape From Johannesburg
BietjiePlaas"Naby Roodeplaatdam en vakansiegeriewe. Binne maklike bereik van snelweë en winkelsentrums. Warmer winters as elders in die stad en omliggende stede."
Dinokeng, Escape From Johannesburg
117 on Oak"Ons was wel 'n Saterdag en Sondag in Dinokeng, maar dink daar is meer lewe op 'n Sondag. Saterdae is dit baie stil maar dit is ook wat 'n mens nodig het om weg te breek van die stadslewe. Dié myndorpie sal altyd 'n baie interessante plek wees om te besoek. "
Senekal, Escape From Johannesburg
The Fairway Guesthouse"Senekal is gelee op die N5 tussen Winburg en Bethlehem. Die Shell-vulstasie is waar meeste mense hul karre volmaak. Daar is 'n winkeltjie en plekkie om koffie vir die pad te kry. Cheetahs Restaurant wat deur die Stydom-familie besit en bestuur word, is die beste plek om in die middae of die aande 'n lekker steak of gekookte kos te gaan eet (hulle besit ook die slaghuis op die dorp - so die steaks is uitstekend). Daar is 'n 9-putjie gholfbaan met 'n goed ingerigte klubhuis - dit is die gholfbaan wat mens sien van die gastehuis af."
Vrede, Escape From Johannesburg
Rus 'n Rukkie"Vrede is maar 'n klein, stil plekkie, maar ek het nie genoeg kennis van die plek, om 'n oordeel te maak nie."
Elarduspark, Escape From Johannesburg
Rest-a-While Guest House"Naby genoeg aan Rietvleidam om te gaan seil."
Fouriesburg, Escape From Johannesburg
The Farm House @ Mont Plaisir Guest Farm"Regte plattelandse dorpie, stel voor mens koop maar klaar jou kruideniersware voor jy Fouriesburg toe gaan, daar is nie veel winkels in die dorpie nie."
Hartbeespoort, Escape From Johannesburg
Kosmos View Luxury Apartments"Ai man, geen dam te sien, net hiasinte! Ek het op TV gesien daar is 'n maatskappy wat dit gaan verwerk tot kunsmis. Hoop dit gaan die probleem spoedig oplos ter wille van almal. Sterkte daarmee!"
Parys, Escape From Johannesburg
Umfula Resort on the Vaal River"Ons het die antieke vintage winkeltjies so geniet. Was 8 ure in die hoofstraat en kon nie in al die winkeltjies gaan nie."
Dinokeng, Escape From Johannesburg
Kohandè Glamping"Diere vreeslik gesond, maar groot areas is leeg. Van die grootste bokke per spesie gesien. "
Fouriesburg, Escape From Johannesburg
African Dawn Guest House"Klein plekkie, en het die nodige geriewe om jou verdere reis te stock. Dit is baie naby aan die Lesotho-grenspos - en 'n gemaklike oornagbestemming as jy op pad is na Lesotho toe. "
Pilanesberg National Park, Escape From Johannesburg
The Kingdom Resort"Geniet dit altyd daar, die olifante het lekker afgeshow. Groot leeumannetjie gesien."
Dinokeng, Escape From Johannesburg
"Dinokeng het menigte lodges om van te kies en vir mense wat van wild en bos hou is dit naby genoeg maar ook ver genoeg vir 'n naweekwegbreek."